Strandfontein aan die Weskus verwelkom vanjaar die somer met ’n fees wat jy nie mág misloop nie! Met 25 van die land se top-kunstenaars waaronder Leah, Jo Black, Majozi, Karlien van Jaarsveld, Snotkop, Willem Botha, Lee Scott, die immergeliefde Country Legends Lance James, Barbara Ray, Clive Bruce en Tommy Dell, kuiertente met lekker kos en drankies, ’n horde stalletjies op die dorp en langs die strand en ’n onvergeetlike see-uitsig is die Madeliefie Makietie-fees vinnig besig om een van dié beste feeste in die land te word.

By vanjaar se Madeliefie Makietie, wat op Vrydag, 26 en Saterdag, 27 Oktober op die pragtige stranddorp Strandfontein plaasvind, is jy gewaarborg om nie vir een oomblik stil te sit nie.

 

Volgens Cindy Schade, woordvoerder van die fees, gaan daar drie verhoë wees, talle stalletjies met die heerlikste versnaperinge en drankies, wonderlike vermaak vir die jongspan en nog vele meer.

 

Met die groot verskeidenheid aktiwiteite soos Weskus-raakrugby, Maltrap-fietswedren en die splinternuwe stoftrap, hope kindervermaak, die baba-kompetisie en mnr. & mej. Strandlopertjie, Daisy Z-talentkompetisie en ’n magdom stalletjies waar jy die lekkerste kos, wyn, unieke handgemaakte items, heerlike koekies of ingelegde produkte tydens die fees kan aanskaf, is jy verseker om die feesnaweek op Strandfontein te geniet. Jy gaan sommer die opgewondenheid voel sodra jy die dorp binnegaan.

 

Skryf jou kleintjie in vir Mnr. & Mej. Strandlopertjie

 

Die jongspan kan vanjaar vir die eerste nader staan vir hul eie skoonheidskompetisie – Mnr. & Mej. Strandlopertjie. Die Rekkies en Tekkies Akademie op Vredendal soek die pragtigste en oulikste van die jonger geslag. Daar is vier afdelings – vir ouderdomme 3-6 jaar, 7-9 jaar, 10-13 jaar, en 14-16 jaar. Ma’s – dink jy jou kleinding het wat dit verg om die kroon te dra? Skryf hom of haar dan dadelik in. Die kompetisie vind op Saterdag, 27 Oktober, om 14:00 by die strandverhoog plaas. Inskrywingsvorms beloop R50 en is beskikbaar by Rekkies en Tekkies. Kontak gerus 027 213 1042 of stuur ’n e-pos na rekkiesentekkiesakademie@gmail.com

 

Baba-kompetisie

 

Ouers kan vanjaar ook hul babas inskryf vir die baba-kompetisie. Die Rekkies en Tekkies Akademie op Vredendal soek die oulikste babas. Daar is vyf afdelings – vir ouderdomme 3-6 maande, 6-12 maande, 12-18 maande, 18-24 maande en 24-36 maande. Mammas en pappas, as julle dink julle baba is die oulikste, skryf hom of haar in vir hierdie kompetisie. Die foto met die meeste likes op Madeliefie Makietie se Facebook-blad sal getel word en die wenners sal op Saterdag, 27 Oktober saam met Mnr. & Mej. Strandlopertjie aangekondig word. In die baba-kompetisie sal daar net een wenner per kategorie wees. Ouers moet die inskrywingsvorm saam met ’n foto en geboortesertifikaat e-pos na rekkiesentekkiesakademie@gmail.com.

 

Wees deel van die MM-Klub en geniet talle voorkeure

 

Wil jy graag deel wees van die MM-klub en verskeie voorkeure geniet? Voorkeure sluit in 20% afslag op jou Madeliefie Makietie-kaartjie, gratis toegang tot die goue sirkel, ’n wonderlike geskenksakkie, eksklusiewe parkering, afslag op feesverwante aktiwiteite en promosies, voorkeur met verblyfbesprekings, gereelde korrespondensie oor die fees en maandelikse voordele deur die jaar.

 

Al wat jy moet doen is om Madeliefie Makietie se webtuiste te besoek, die lidmaatskapsvorm aanlyn in te vul of die vorm af te laai en vir R400 kan jy vir ’n jaar deel van die klub wees.

 

Kontak Schade by 071 151 6526 of stuur ’n e-pos na cindy@madeliefiemakietie.co.za vir meer inligting. Waarvoor wag jy? Word vandag nog lid om hierdie eksklusiewe voorkeure te geniet tydens die feesnaweek op Vrydag, 26 en Saterdag, 27 Oktober.

 

Pendeldiens

 

As jy nie self wil bestuur na en van die fees nie kan jy ook gebruik maak van die pendeldiens wat beskikbaar gaan wees vir feesgangers. Tye vir wanneer die pendeldiens gaan ry is as volg:

 

Vrydag, 26 Oktober

 

  • Maskam Mall, Vredendal – 17:00 en 18:00
  • Kaap Agri & Hoërskool Lutzville – 17:30 en 18:30
  • Doringbaai – 18:00
  • Strandfontein – 00:00 en 02:00 (terug na bestemming)

 

Saterdag, 27 Oktober

 

  • Maskam Mall, Vredendal – 09:30, 12:30 en 16:30
  • Kaap Agri & Hoërskool Lutzville – 17:30 en 18:30
  • Doringbaai – 18:00
  • Strandfontein – 00:00 en 02:00 (terug na bestemming)

 

Pryse:

 

  • R100 Vredendal na Strandfontein – retoer
  • R70 Lutzville na Strandfontein – retoer
  • R50 Doringbaai na Strandfontein – retoer

 

Kontak gerus vir Heinrich Stevens by 083 210 4151 of 027 213 3396 vir meer inligting oor die pendeldiens.  

 

Bly op hoogte van die jongste Madeliefie Makietie-nuus op Facebook, Twitter en Instagram. Besoek ook ons webtuiste by www.madeliefiemakietie.co.za om meer te lees.

 

Kry die volledige feesprogram by www.madeliefiemakietie.co.za. Kaartjies is beskikbaar by Computicket, Shoprite/Checkers-, House & Home-winkels, of kontak 0861 915 8000.

 

Kaartjieverkope is as volg:

 

Vir Vrydag, 26 Oktober:

Kaartjies vir kinders – R50 (7 – 17 jaar)

Kaartjies vir volwassenes – R100

 

Vir Saterdag, 27 Oktober:

Kaartjies vir kinders – R60 (7 – 17 jaar)

  1. Kaartjies vir volwassenes – R130