Daar is baie opwindende nuwe geleenthede, kompetisies en optredes wat beplan word vir Hartenbos Seefront oor die volgende paar sonskyn-maande. Desember kruip stadig maar seker nader en ons sien uit om die al die gebeure met jou te deel, so kry solank jou dagboek byderhand.

 

Ons Kuns Ekspo begin amptelik op 29 September by die Walvissaal op Hartenbos en is daagliks oop van 09:00 tot 19:00. Toegang is gratis en daar sal ’n groot verskeidenheid beleggingskunswerke en vele meer wees – iets vir elke smaak! Perfekte geskenk vir ’n pragtige nuwe toevoeging tot jou huis.

 

Na-Donker se amptelik opening saam met die einste Robbie Wessels vind plaas op 5 Oktober! Daar gaan ook ’n buffet-ete wees vir lekker kos, klank en kuier in Afrikaans. Jan Bloukaas kom kuier op Saterdag, 29 September by Na-Donker, Hartenbos Seefront. Bespreek nou al jou kaartjies vir hierdie eg-Afrikaanse optredes, dit gaan ’n een wees om te onthou!

 

Pizza Haven en Zoooti Roomys hou ’n lekker kompetisie op sosiale media, waar jy R500 kontant kan wen as jy die beste en oorspronklikste kommentaar op die foto’s van hul lekkernye lewer. Hou Hartenbos Seefront se sosiale media dop en gaan sit sommer nou jou kommentaar op by https://m.facebook.com/story.php?story_fbid=2091425774241797&id=1578117685815732.

 

Van Sondag, 22 September, gaan Hartenbos Seefront elke Sondag (behalwe Desember en April) van 09:00 tot 15:00 ’n voertuigmark hou waar jy jou voertuig kan kom parkeer en dan privaat koop of verkoop! Dit kan enige voertuig wees, waaronder motorfietse en sleepwaens. Hierdie gaan beslis ’n opwindende manier wees vir die voertuigliefhebbers om hul week mee af te sluit. So kom gerus en bring jou motor wat jy nog heeltyd wou verkoop of kom loer gerus indien jy in die mark is vir ’n nuwe motor.

 

Op 24 September vier ons Erfenisdag van 11:00, waar Wellness World ’n lekker kompetisie vir fikse persone (en diegene wat nie so fiks is nie) gaan aanbied. Daar kan in groepe van 2 tot 5 ingeskryf word en daar sal pryse wees vir die groepe wat die beste presteer, die beste gees het en dié met die beste kombinasie in ouderdomsverskil.

 

“Thousands have lived without love, not one without water”- W.H. Auden. By GoZone Water kan jy 2×3 kg sakkies ys en ’n 5 liter water koop vir slegs R30. Jy kan ook jou vars water kom kry vir slegs 90c per liter. Hierdie promosie geld slegs in die maand van September, so gaan kry joune nou.

 

Bloeddienste sal op 24 September, 22 Oktober, 26 November en 24 Desember by ons sentrum wees, so kom skenk gerus bloed eenkeer ’n maand. Wat ’n beter daad as om lewens te red?

 

Hou ook ons sosiale media dop vir al die lekker resepte wat ons weekliks deel.

 

Ons sien uit om almal se gesiggies te sien met die aanloop na die vakansiemaande. Daar is tog immers geen beter plek om te wees, weg van die stad se gejaag, hier by die pragtige Hartenbos nie.