Matzikama Begrafnisdienste (MBD) bestaan al vir meer as twaalf jaar op Vredendal, Calvinia en Touwsrivier en voeg waarde by hul dienste. Die onderneming bied dienste aan ’n breë gemeenskap, gaan steeds van krag tot krag en hanteer al hul kliënte met deernis en respek in ’n tyd wanneer families ’n geliefde aan die dood afgestaan het.

 

MBD wil u help om u begrafnis vooruit te beplan. Dit sal verhoed dat familielede moeilike besluite moet neem tydens die rouproses. MBD fokus daarop om finansieel vooruit te dink en families goed voor te berei.

 

MBD bied nou nuwe begrafnispakkette aan waar families geen intree-fooie betaal nie en families gratis kan verseker. Daar is silwer, brons en diamantpakkette – elke pakket hou ander voordele in. Die maandelikse premie wat jy betaal vir die pakket waarin jy belang stel, begin van so min as R70 per maand.

 

MBD se begrafnispakette strek van R2 000 tot en met R100 000 en hulle sal die ekstra myl loop om jou te help. Dit sal net soveel meer vir jou geliefdes beteken om voorsorgmaatrëels te tref omdat families nie weet wat môre vir jou en jou geliefdes inhou nie.Wanneer jy en jou geliefdes gedek is, is dit belangrik om voor of op die sewende van elke maand jou polis te betaal sodat dit pakket nie verval nie. MBD akkommodeer hul kliënte deur makliker betalings te doen deur debietorders en EFT-betaling toe te laat wanneer jy nie naby hulle is om betyds ’n betaling te maak. Wanneer kliënte se betalings op hul databasis reflekteer, staan kliënte ’n kans om maandeliks kontantpryse te wen.

 

Wanneer jy of ’n geliefde in jou familie tot sterwe kom, betaal die begrafnis-pakket binne 48 uur uit en dan kan die familie voortgaan om die begrafnis te reël. Besoek MBD gerus by een van hul drie takke wat geleë is op Vredendal, Calvinia en Touwsrivier of kontak hulle vir meer inligting. Kontak die hoofkantoor by: + 27 (0) 27 213 2632, stuur ’n e-pos aan info@mbdsa.com of besoek hul webtuiste by http://www.mbdsa.com/