Die glansgeleentheid van die jaar in die Matzikama-streek, die Mej. Madeliefie-kompetisie, het op Donderdag, 27 September groot opwinding op Vredendal veroorsaak. Vyftien pragtige meisies van die streek – van Vredendal tot Citrusdal – het meegeding om hierdie gesogte kroon. Die kompetisie is ’n voorloper vir die Madeliefie Makietie-fees wat op Vrydag, 26 en Saterdag, 27 Oktober op Strandfontein plaasvind. Dié spoggeleentheid het by die Vredendal-sportsaal plaasgevind.

 

Die beeldskone Kadey Phillips van Vredendal is gekroon as vanjaar se Mej. Madeliefie en is ook gekroon as Mej. Sosiale Media. Megan Fermor van Vredendal het die titel as eerste prinses ontvang en Monette Arp, ook van Vredendal, is as tweede prinses aangewys. Sy het ook die titel van mej. Persoonlikheid ontvang.

 

Die vyftien skoonhede het die gehoor vermaak met hul danspassies, geklee in hul uitrustings van die 1920’s (Great Gatsby-tema). Die deelnemers het ook op die loopplank verskyn in uitrustings van Woolworths se nuwe somerreeks en sonbrille van Optika Oogkundiges. Die pragtige modelle het hul beste kwaliteite vertoon om almal te beïndruk.

 

Die hartebreker Jay het as gaskunstenaar opgetree en het die gehoor op hul voete gehad met sy lekker dans- en singliedjies. Daar was ook ’n heerlike ete bedien tydens die aand se verrigtinge.

 

Die beoordelaars van die aand was Juan Jacobs van Liberty, Ettienne Gorrah, takbestuurder by Woolworths, Dirkie Geldenhuys van Dirkie G Produksies, Carlo Wiehahn van Coca-Cola Peninsula Beverages en Greg Shephard van Topco Models.

 

Die meisies wat deelgeneem het aan Mej. Madeliefie was Carina van Driel, Eden Hollenbach, Jade van der Heever, Kadey Phillips, Lané Coetzee, Madeleen Lukas, Madelein Smit, Maralize Jacobs, Marilou Kruger, Megan Fermor, Mia Human, Mickayla Arendse, Monette Arp, Tinika Theart en Yolandi van Zyl.

 

Die wenners van die Mej. Madeliefie het weggestap met die volgende pryse:

 

  • Gratis toegang tot die fees asook toegang tot die BBP-area,
  • ’n Verskeidenheid velsorg- en haarprodukte,
  • Skoonheidsbehandelings en nog vele meer

 

Volgens Kadey, Mej. Madeliefie 2018, kon sy nie glo dat sy die een was wat met die titel weggestap het nie. “Ek voel so geërd en terselfdertyd oorweldig, maar ek is tog so bly. Ek sou nie ingeskryf het nie maar Mej. Madeliefie 2017, Richelle Nel, het my oorreed om dit wel te doen,” sê Phillips.

 

Volgens Samantha Gubelo, Mej. Persoonlikheid 2017, was dit ’n groot voorreg om die meisies se grimering te kon doen.

 

Die borge wat die aand moontlik gemaak het was Topco Models, Coca-Cola, Optika Oogkundiges, Natural Creations, SFP, Le Mar Art & Craft, Belle Omber Gastehuis, Hair Dezigns, RL Designs, Hair by Annelie @ TDW, New Vision Hairstudio, Dolface by Marelize, Salon de Schoonheid, Kleinoi Fotografie, Sam’s Hair & Makeup, Bazeru Events, Woolworths, Lightspeed Digital Media, FCB Group, The Balloon Shack, Ons Kontrei, Liberty, The Nail Bar, Radio Namakwaland, Breedenet, Matzikama-munisipaliteit, Made to Move, Maskam Brewing Company, SAB, Teubes Wines, Lutzville Wines, Letsatsi Lodge, Namaqua Engineering, Style Salon en Nashua Noordweste.

 

Mej. Madeliefie en haar prinsesse sal die Madeliefie Makietie-fees op 26 en 27 Oktober op Strandfontein bywoon en by verskeie geleenthede betrokke wees.

 

Maak seker jy koop vandag jou kaartjie by Computicket om vanjaar se Mej. Madeliefie en haar prinsesse by die Juweelfees einde Oktober te sien. Terwyl jy by die fees is, kan jy ook uitsien na 25 van die land se top-kunstenaars, waaronder Leah, Jo Black, Majozi, Karlien van Jaarsveld, Snotkop, Willem Botha, Lee Scott, die immergeliefde Country Legends Lance James, Barbara Ray, Clive Bruce en Tommy Dell, kuiertente met lekker kos en drankies en ’n horde stalletjies op die dorp.

 

Bly op hoogte van die jongste Madeliefie Makietie-nuus op Facebook, Twitter en Instagram. Besoek ook ons webtuiste by www.madeliefiemakietie.co.za om meer te lees.

 

Kry die volledige feesprogram by www.madeliefiemakietie.co.za. Kaartjies is beskikbaar by Computicket, Shoprite/Checkers-, House & Home-winkels, of kontak 0861 915 8000.

 

Kaartjieverkope is as volg:

 

Vir Vrydag, 26 Oktober:

 

Kaartjies vir kinders – R50 (7 – 17 jaar)

Kaartjies vir volwassenes – R100

 

Vir Saterdag, 27 Oktober:

 

Kaartjies vir kinders – R60 (7 – 17 jaar)

Kaartjies vir volwassenes – R130