Matzikama Begrafnisdienste (MBD) bestaan al vir meer as twaalf jaar lank op Vredendal, Calvinia én Touwsrivier en roem hulself op hul dienste wat hul lewer aan kliënte. MBD het sedert April vanjaar, tot en met Oktober, R63 000 aan gelukkige polishouers uitbetaal wie se polisse tot op datum betaal was. MBD het hierdie projek begin sodat polishouers nie hul polisse laat verval en later met hul hande in hul hare sit nie.

 

Wat MBD verder onderskei van ander begrafnisdienste, is dat kliënte wie se betalings op hul databasis reflekteer, ook die kans staan om maandelikse kontantpryse te wen.

 

MBD sien daarna uit om daarop voort te bou in 2019 en weer gelukkige wenners se harte bly te maak met die pryse wat hulle gaan weggee.

 

Dié onderneming bied dienste aan ’n breë gemeenskap en hanteer al hul kliënte met deernis en respek in ’n tyd wanneer families ’n geliefde aan die dood afgestaan het.

 

Dit is – veral in vandag se ekonomiese klimaat – noodsaaklik om voorsorgmaatrëels te tref vir die onvoorsiene. Met hierdie polis is dit belangrik om voor, of op, die sewende van elke maand die polis te betaal sodat die pakket nie verval nie.

 

MBD akkommodeer hul kliënte deur verskeie betalingsmetodes te bied vanaf debietorders tot EFT-betalings. Kliënte wat hulle polisse betaal moet ten alle tye hul kwitansieboek neem sodat bewyse van betalings daarin aangeteken word.

 

Wanneer jy of ’n geliefde in jou familie tot sterwe kom, betaal die begrafnispakket binne 48 uur uit en sodat die familie sorgeloos kan voortgaan om die begrafnis te reël. Besoek MBD gerus by een van hul drie takke wat geleë is op Vredendal, Calvinia en Touwsrivier of kontak hulle vir meer inligting. Kontak die hoofkantoor by: + 27 (0) 27 213 2632, stuur ’n e-pos aan info@mbdsa.com of besoek hul webtuiste by http://www.mbdsa.com/.