Opwindende nuus: Die gewilde Piekniek en Musiek konserte keer terug na die Kaap hierdie somer! Kaartjies is nou te koop vir die eerste konsert van die seisoen met niemand anders as Bobby van Jaarsveld én Robbie Wessels nie. Toegang is slegs R175 om twee van SA se mees gewildste Afrikaanse kunstenaars te sien optree. Die konsert sal by die Zevenwacht Wynplaas plaasvind gedurende die middag van Sondag, 4 November. Jy kan nou jou kaartjies kry by webtickets.co.za of by jou naaste Pick n Pay.
Robbie Wessels en sy band sal al sy gewildste treffers met die gehoor deel, insluitende Leeuloop, Mphe Di Hoenor en Halley se Komeet. Robbie is ook welbekend vir sy verskeie rolprente, insluitende die reuse lokettreffer Poena is Koning.
Bobby van Jaarsveld is een van SA se mees gewildste TV en musiek sterre. Hy het al verskeie toekennings as musikant ontvang met treffers soos Spieeltjie en My Alles. Hy is ook bekend vir sy TV rolle, insluitende The Voice SA en In Jou Skoene.
Daar sal ’n verskeiendehoud van kostrokke, kroeë en piekniek-pakkies (slegs beskikbaar deur vooraf te bestel) by die konserte wees. Vir meer inligting, besoek gerus www.piekniekenmusiek.com.
Rugleunings en sambrele welkom. Geen stoele, kos of drank toegelaat nie.
Piekniek en Musiek word aangebied deur kykNET, Bok Radio, SARIE en Die Burger in samewerking met Pick n Pay.
’n Ian Bredenkamp Media produksie.