Die Keldery het vanjaar nie teleurgestel met die talle top-kunstenaars wat hier opgetree het nie en Vrydagaand, 16 November is geen uitsondering nie. Die alombekende Fatman met sy vermaaklike verhoogpersoonlikheid en wat bekend is vir liedjies soos Boom Baby, Dorp Toe en vele meer, is by Die Keldery vir een optrede wat jy nie mag misloop nie.

 

Indien jy nog geen planne vir Vrydag, 16 November het nie, moet jy beslis die vertoning van Fatman in jou dagboek aanteken.

 

“Ons sien uit daarna om Fatman hier by ons te hê. Dit gaan beslis ’n aand wees wat almal gaan onthou. Jy wil nie uitmis nie, so maak seker dat jy nou al jou tafel bespreek,” sê Adri Coetzee, restaurant- en funksiekoördineerder.

 

Verrigtinge skop om 19:00 af en tydens die geleentheid kan jy ook uitsien na ’n heerlike burger met skyfies en slaai wat bedien gaan word. Besprekings vir die vertoning is noodsaaklik, so maak seker dat jy vooraf jou tafel bespreek. Kaartjies beloop R150 per persoon en is beskikbaar by Die Keldery.

 

Benewens die optrede van die gewilde Fatman, staan jy ook die kans om ’n lekker wyngeskenkpak te wen tydens sy optrede. Al wat jy moet doen is om jou kaartjie te koop, die vertoning by te woon en jy mag dalk net die gelukkige wenner wees van daardie lekker geskenkpak. Jy wil beslis nie hierdie geleentheid misloop nie.

 

“Ons kan nie wag om besoekers te verwelkom nie en sien baie uit om van die gaste se aand te maak met die wyngeskenkpak wat gewen kan word,” voeg Coetzee by.

 

Nie net kan jy uitsien na die wonderlike optrede van Fatman nie, maar jy kan ook jou dansskoene gereed kry vir die Because We Care-dans wat op Vrydag, 23 November by Die Keldery plaasvind.  

 

Hierdie verrigtinge skop om 19:00 af en kaartjies beloop R160 per persoon. Wynand & Chereé en Viljoen Retief gaan besoekers behoorlik vermaak. Jy wil beslis nie hierdie geleentheid misloop nie.

 

2018 het op ’n hoë noot afgeskop by Die Keldery met Manie Jackson wat in Februarie voor ’n volgepakte restaurant opgetree het, Suid-Afrikaanse musikant en liedjieskrywer, Elvis Blue wat besoekers in April vermaak het en Fatman wat gaste gaan bederf met sy lekker sing- en dansliedjies. Daar is nog verskeie geleenthede en aktiwiteite om na uit te sien voor Die Keldery die jaar afsluit.

 

Vir enige navrae of om meer uit te vind oor Fatman se optrede, die Because We Care-dans of enige spesiale geleentheid, skakel gerus 027 213 3699 of stuur ’n e-pos na diekeldery@namaquawines.com. Besoek ook Die Keldery se Facebook-blad, volg Die Keldery op Instagram by @diekeldery of op Twitter by @DieKeldery. Jy kan ook Die Keldery se webtuiste besoek by diekeldery.com/afr/.