Met ongelooflike dekor, kos en drankies is daar geen beter plek om te wees hierdie vakansieseisoen nie. Dis ’n plek waar jy kan terugsit, jou skoene uitskop en heerlike kos en drankies kan geniet by die see. Na-Donker het vinnig ’n gunsteling geraak onder die inwoners en vakansiegangers van Hartenbos. Hierdie vakansie gaan dié juweel van ’n restaurant vir niemand terugstaan nie.

 

Hierdie Desembervakansie het Na-Donker ook tonne opwindende gebeure op die kalender. Tussen optredes van bekende kunstenaars tot die groot StudenteJOL, gaan daar nie ’n enkele vervelige oomblik wees nie! Merk solank die volgende optredes af op jou kalender:

 

Jay du Plessis

Plek: Na-Donker

Datum: 14 Desember 2018

Tyd: 20:00

Kostes: R120 pp

 

Willem Botha

Plek: Amfiteater

Datum: 18 Desember 2018

Tyd: 18:30 vir 19:30

Kostes: R60 pp

 

Elandré

Plek: Na-Donker

Datum: 21 Desember 2018

Tyd: 18:30 vir 19:30

Kostes: R60 pp

 

Steve Hofmeyr

Plek: Amfiteater

Datum: 22 Desember 2018

Tyd: 19:30

Kostes: Goue sirkel (alle ouderdomme): R190

Algemene toegang: R150

Voorskool: Gratis (algemene toegang)

 

Radioraps

Plek: Na-Donker

Datum: 26 Desember 2018

Tyd: 20:00

Kostes: R150 pp

 

Spoegwolf

Plek: Na-Donker

Datum: 4 Januarie 2019

Tyd: 20:00

Kostes: R80 pp

 

Kry nou jou kaartjies:

https://itickets.co.za

 

Vanjaar bied ATKV Hartenbos ook weer eens die opwindende StudenteJOL-matriek-en studentevakansie aan met bekostigbare pakkette vir ieder en elk!

 

Ons doel is om ’n onvergeetlike ervaring te skep wat ’n mylpaal vier in elke skolier se lewensreis. Vir vyf dae word Hartenbos verander in ’n toevlugsoord vir talle leerders wat die einde van hul skoolopleiding vier en die volwasse wêreld betree. Met topkunstenaars soos hierdie wat gaan optree, is dit elke martikulant se droom!

  • Francois van Coke
  • Die Heuwels Fantasties
  • Bittereinder
  • Brendan Peyper
  • Wolwe-Dans
  • Anders-Orkes
  • Held on Till May  

 

Moet ook nie ons spesiale aanbiedings misloop nie!

 

  • 450 g T-been met skyfies en ’n Castle Lite vir R122.
  • Prego-biefstuk op roosterkoek met skyfies en ’n Castle Lite Draught 500 ml vir R68.
  • Ses gemarineerde hoendervlerkies met Castle Lite Draught 340 ml vir R50.
  • Ribbetjie-Maandae met 500g ribbetjies met skyfies vir R110 of gaan groot met 1 kg ribbetjies en skyfies vir R185.
  • Woensdag is pensioenarisdag: 10% afslag op alle items op die spyskaart. Drankies of spesiale aanbiedings uitgesluit.

 

Ons sien uit om almal in die Desembervakansie hier te sien vir lekker pret en plesier, koue drankies en warm kos. Die perfekte resep vir ’n luilekker vakansie!