Die Keldery het vanjaar talle top-kunstenaars verwelkom wat besoekers vermaak het met hul lekker sing- en dansliedjies en Vrydag, 7 Desember is weer geen uitsondering nie. Die bekende Elandré wat bekend is vir liedjies soos Die Lyn, Stilte Voor Die Storm en vele meer, is by Die Keldery en dit is een optrede wat jy nie mag misloop nie.

 

“Ons is so opgewonde om Elandré hier by Die Keldery te verwelkom. Die aand gaan beslis kook en een optrede wat besoekers vir ’n lang tyd gaan onthou! So koop vandag jou kaartjie om teleurstelling te voorkom,” sê Adri Coetzee, restaurant- en funksiekoördineerder.

 

Die aand se verrigtinge skop af om 19:00 en kaartjies is R150 per persoon en beskikbaar by Die Keldery. Smullekker etes soos ’n hamburger en skyfies vir slegs R50, skyfies vir slegs R20, pita teen R25 of ’n kaasbord vir R50 word te koop aangebied. Jy wil beslis nie hierdie geleentheid misloop nie.

 

Nie net kan jy die optrede van Elandré geniet nie, maar jy kan ook van Maandag tot Saterdag tussen 09:00 en 17:00 ’n draai kom maak vir liplekker geregte en heerlike wynproeë. Ons is ook elke Donderdagaand van 19:00 tot 22:00 oop vir die kraffiewyn-aand en ons bedien die lekkerste geregte vir slegs R125 per persoon.

Met die feesseisoen wat op hande is kan jy elke Vrydag ook ’n draai kom maak en aankope doen vir jou gunsteling Namaqua-wynreeks. Die Keldery het elke Vrydag 20% afslag op die wynreeks. Jy kan sommer jou wynrak volmaak vir Kersfees en die nuwe jaar of jy kan iemand bederf met ’n bottel of boks wyn. Met hierdie winskopie hoef jy beslis nie oor die Desembervakansie nog rond te hardloop om jou wynrak vol te kry nie, dit is een probleem minder om oor te bekommer. Maak seker jy maak ’n draai by Die Keldery vir hierdie aanbod.

 

Die Keldery is tydens die feesseisoen ses dae ’n week oop wees en besigheidsure sal dieselfde bly. Ons sal wel net vir twee dae gesluit wees.

 

Neem asseblief net kennis van die dae wat ons toe gaan wees:

 

  • Dinsdag, 25 Desember 2018
  • Dinsdag, 1 Januarie 2019  

 

“Dit is beslis die regte manier om 2018 af te sluit en hoe ons die Desembervakansie en die feesseisoen hier in die Matzikama-streek verwelkom,” voeg Coetzee by.

 

2018 word beslis op ’n hoë afgesluit by Die Keldery met top-kunstenaars wat gaste vermaak het en hope opwindende aktiwiteite wat ook vanjaar by ons plaas gevind het.

 

Coetzee voeg ook by: “Ons wil al ons kliënte bedank vir al die ondersteuning hierdie jaar. Ons waardeer dit opreg.”  

 

Vir enige navrae of om meer uit te vind oor Elandré se optrede, besigheidsure by Die Keldery, enige spesiale geleentheid en vele meer, skakel gerus 027 213 3699 of stuur ’n e-pos na diekeldery@namaquawines.com. Besoek ook Die Keldery se Facebook-blad, volg Die Keldery op Instagram by @diekeldery of op Twitter by @DieKeldery. Jy kan ook Die Keldery se webtuiste besoek by diekeldery.com/afr/.