Daar is niks so lekker soos die gevoel dat die vakansie stadig maar seker aanbreek nie. Build It maak dit vir jou maklik om jou vakansiehuis in ’n japtrap soos ’n droom te laat lyk. Teen bekostigbare pryse, kan jy uithaal en wys met jou dekor, verf, skitterende teëls en nog vele meer.

Wye reeks verwe

Het jy dalk besluit om jou huis ’n vars nuwe baadjie te gee vir die komende feesseisoen, maar jy is onseker oor die kleur?

Wel, miskien kan Build It jou help met daardie besluit aangesien hulle ’n wye verskeidenheid kleure het wat jou tuiste in jóú unieke huis kan verander – en met sy lewendige, warm kleur ’n plek waar almal graag sal wil bymekaar kom. Build It het ’n groot verskeidenheid verwe in verskillende kleure beskikbaar en indien jy op soek is na ’n spesifieke kleur, meng ons dit graag vir jou.

Die perfekte kleur bring mense bymekaar en laat hulle dadelik tuis voel. Besoek jou naaste Build It-winkel – die personeel sal uit hulle pad gaan om jou te help met die regte kleurskakering asook talle ander produkte.

Met die feesseisoen om die draai, is dit broodnodig dat jou huis in ’n eksie-perfeksie toestand is en ’n nuwe laag verf is net die ding. Vir jou groot (of klein) verftaak het jy beslis iets broodnodig, en dit is verfrollers.

Ons het ’n verskeidenheid verfrollers in verskillende groottes en teksture vir die verlangde verfeffek waarna jy soek.

Verf ten minste ’n week voor die tyd dat jou verf kan droog word voor jy en jou gesin na jul vakansiehuis gaan. Met spesiale aanbiedinge op ’n verskeidenheid verf by Build It, kan jy beslis nie verkeerd gaan nie.

Die mooiste ligte vir die regte atmosfeer

Beligting in enige vertrek is noodsaaklik. Die regte beligting skep die regte afmosfeer en sal enige vertrek in jou huis of buite-area beter laat lyk.

Met Build It se verskeidenheid beligting wat geskik is vir alle seisoene en smake, kan jy beslis nie verkeerd gaan om die regte atmosfeer in elke vertrek te skep nie. Jy kan muurligte kry wat saans jou huis laat skitter, tuinligte laat lyk ook jou kuier-area buite meer welkom. Jy kan ook lanternligte teen die muur langs die paadjies plaas, dit is die perfekte oplossing as daar baie min of geen straatligte op jou tuin skyn nie.

Die regte kleur ligte, patrone en vorms sal meer styl aan jou huis en tuin bring. Maak ook seker jou gloeilampe is almal in werkende toestand en indien nie, besoek jou naaste Build It om nuwe gloeilampe aan te skaf. Kry die regte ligte wat sal pas by jou huis se styl en dekor.

Build It is ook in staat om aan al jou elektriese vereistes te voldoen. Hulle het beide industriële en huishoudelike produkte en ook ’n wye reeks ligte en lampe. Om jou energieverbruik te verminder, het ons ook LED- en sonprodukte in voorraad.

Verfraai jou badkamer met Build It se Bathroom Square-reeks

Jy kan jou badkamer opknap met die Build It Bathroom Square-reeks. Daar is die mooiste wasbakkrane en ander badkamer bykomstighede van die meeste vooraanstaande handelsmerke wat jou sak sal pas. Die Build It Bathroom Square-reeks sal beslis jou badkamer elegant laat lyk.

Herstel daardie los kasdeure

Kom ons herstel daardie los kasdeure, stoele en ander meubels wat ’n dalk ’n skroef of spyker nodig het. Ons het ’n verskeidenheid spykers, skroewe, boute, handvatsels en allerlei gereedskap wat jou kan help om meubels te herstel wat al vir jare gebreek is. Hulle kraggereedskap ook is perfek vir al jou opknappings- en selfdoenprojekte. Build It verskaf kraggereedskap en -produkte wat wissel van elektriese sae tot bore en sweisgereedskap.

Build It is ’n hardeware-winkel wat kundige raad bied en die beste produkreekse vir al jou hardeware- en boumateriaalbehoeftes verskaf. Hulle is ook kenners as dit kom by die boubedryf. Die bekwame personeel is opgelei om jou vrae te beantwoord as dit kom by bougereedskap, handgereedskap, kraggereedskap en enige ander produkte wat by hulle te koop is.


Kry alles vir jou selfdoen-projekte by Build-It


Vir al jou selfdoen-projekte wat jy aan wil pak, maak seker om Build It te besoek. Hulle verskaf al die kraggereedskap en -produkte wat strek van hammers tot skroewedraaiers en wat jy moontlik kan benodig vir herstelwerk.

Al Build It se produkte is van die hoogste gehalte en is gemaak vir mense met ’n passie vir bouwerk en selfdoenprojekte. Die personeel is ook goed opgelei om net die beste diens te lewer. Onthou om Build It Vredendal se Facebook-blad te besoek of kontak hulle by 027 213 2260. Besoek ook hul winkel, geleë langs Maskam Mall op Vredendal

Kontak ook Build It Clanwilliam by 027 482 1066 of maak ’n draai by hul winkel, geleë in Voortrekkerstraat op Clanwilliam.

Jy kan ook ’n draai maak by Build It Worcester, geleë in Durbanstraat of kontak hulle by 023 342 2360 vir meer inligting.
Vir meer inligting kan jy ons webwerf besoek by https://www.buildit.co.za/ of op Facebook by @BuildItVredendal, @BuildItClanwilliam en @WorcesterBuildit.