Jou gunsteling saamsing jol, Krone 6, word in 2019 weer in Pretoria en Kaapstad aangebied en beloof om nóg groter wees. Al jou gunsteling musieksterre gaan weer een verhoog deel om die beste treffers van alle tye te sing en die gehoor sal weer uit volle bors kan saamsing. Dié konsert word vir die sesde agtereenvolgende jaar aangebied en beloof om besoekers aanstaande jaar in ekstase te hê.

“Krone is my hoogtepunt van die jaar en 2019 gaan net nóg lekkerder wees. Die vertoning het altyd gees en die opgewondenheid is sommer tasbaar,” sê Ernst Kleinhans, algemene bestuurder van Select Musiek.

“Daar is vir my niks beter as om oor die skare uit te kyk en te sien hoe families en vriende saam sing, lag en dans nie. Ons het soveel verrassings in die mou, ek kan self nie wag nie,” sê Ernst.

Kapenaars word eerste bederf met twee Krone 6-vertonings op Saterdag, 3 Augustus en Sondag, 4 Augustus in die Grand Arena, GrandWest, en kort daarna kry die gehoor van Gauteng ’n beurt met drie vertonings by die Sun Arena at Time Square. Dié vertonings vind plaas op Vrydag, 16 Augustus (Time Square Premier-vertoning), Saterdag, 17 Augustus en die finale vertoning op Sondag, 18 Augustus.

Die Krone-konsert is sonder twyfel ’n groot gebeurtenis onder Afrikaanse musiekliefhebbers en ondersteuners, waartydens plaaslike en internasionale ranglys-treffers van toeka tot nou deur Suid-Afrika se mees bekende en gunsteling sterre gesing word.

“Dit is ongelooflik om te sien hoe opgewonde musiekliefhebbers is om dié jaarlikse vertoning by te woon. Daar is selfs mense wat ’n kaartjie koop vir elkeen van die vertonings,” sê Hendrik Spangenberg van die digitale bemarkingsafdeling van Select Musiek.

“Dit is lekker om te sien hoeveel mense bymekaarkom, elke woord ken en luidkeels saam met die kunstenaars sing. Groot verrassings is in die pyplyn vir Krone 6 in 2019 en jy wil dit nie mis nie. Dit is ’n ervaring wat jy self moet kom beleef as jy nog by ’n Krone-konsert was nie,” voeg Hendrik by.

Al die treffers word saamgebring in energieke, slim verwerkte keurspelle, terwyl die lirieke van dié treffers op groot skerms vertoon word vir die gehoor om uit volle bors saam te sing, vir ’n moewiese saamsing jol.

Met drie Krone-vertonings in Pretoria en twee in Kaapstad is daar geen verskonings vir Afrikaanse musiekliefhebbers om dié partytjie mis te loop nie. Kaartjies is nou beskikbaar by itickets.co.za.

Maak seker jy mis nie uit op die kans om vanjaar se moewiese saamsing jol te geniet nie. 2018 se Krone 5-vertoning word op Maandag 31 Desember om 20:00 op kykNET NOU uitgesaai.

Indien jy nog nie jou Krone 5-CD of -DVD gekry het nie, kry dit nou. Dit is beskikbaar by Musica-winkels landwyd.

Hou Krone Fans se sosiale media dop vir al die nuutste inligting en gebeure op Facebook: https://www.facebook.com/KroneFans/, Twitter: https://twitter.com/KroneFans , of Instagram: https://www.instagram.com/kronefans/