Ná die sukses van sy debuutalbum, Skepe, het Jo Black beslis ’n huishoudelike naam in die Afrikaanse musiekbedryf geword. Sy nuutste album, Voel Jy Die Genade, is pas vrygestel en is reeds in groot aanvraag. Die musiekvideo vir die enkelsnit met dieselfde naam is reeds meer as 250 000 keer op YouTube gekyk – en dit binne ’n maand!

Ander liedjies op die album sluit in Huis Op Die Heuwel, Verlore Seun en Vreesloos.

Net soos Skepe beloof hierdie album om net soveel aanklank by Afrikaanse gehore te vind. Hoor wat het een van sy grootste ondersteuners, Wilna Rossouw, oor sy nuwe enkelsnit te sê: “#VoelJyDieGenade is ’n ongelooflike mooi liedjie wat ’n mens se hart en siel aanraak!”

Jy kan hier na Jo se nuutste album luister:

Apple iTunes: https://apple.co/2Sab0yB

Apple Music: https://apple.co/2Sab0yB

Joox: https://bit.ly/2WNaBkz

Spotify: https://spoti.fi/2Sw6QRf

Kyk hier na die musiekvideo vir “Voel Jy Die Genade”