Dit is die maand van liefde en daar is talle mense wat met rose, teddiebere en kaartjies rondloop. As jy ’n spesiale persoon in jou lewe het en nog nie weet wat om te doen nie, bespreek plek by ’n restaurant terwyl daar nog tyd is. Valentynsdag is daar om daardie spesiale persoon in jou lewe behoorlik te bederf.

Die Keldery-restaurant, geleë by die Goedgemeen-plaas op Spruitdrift net buitekant Vredendal, bied ’n fantastiese Valentynsete aan waarmee jy jou geliefde kan bederf. Vir slegs R180 per persoon kan jy behoorlik uithaal en wys met Die Keldery se smullekker driegang-ete.

“Ons is baie opgewonde om al die geliefdes met ons driegang-ete te bederf en op die hande te dra,” sê Adri Coetzee, restaurant- en funksiekoördineerder.

Die spyskaart bestaan uit ’n knoffel-en-feta-pita as voorgereg. Vir die hoofgereg is daar ’n smullekker 250 g lendestuk met ’n mosterd-knoffel-kruie-roomsous, geroosterde groente en aartappelwiggies om na uit te sien.

As jy ’n soettand het sal jy beslis die sjokolade brownies met roomys vir nagereg geniet. Nie net kan jy hierdie Valentynsete geniet nie, maar jy kan ook teug aan die kraffie wyn wat ingesluit is by die ete.

“Met hierdie Valentynsaanbod sal jy en jou geliefde beslis soos koninklikes behandel word en julle tyd saam geniet,” voeg Coetzee by.

Hierdie romantiese Valentynsete is op Donderdag, 14 Februarie en begin om 19:00. Kontak Die Keldery by 027 213 3699 om jou tafel te bespreek en om teleurstelling te voorkom. Besprekings is noodsaaklik. Dit is die perfekte manier om jou geliefde te bederf. Hou ook ons sosiale media dop vir die spyskaart. Kom en geniet ’n aand uit met daardie spesiale persoon in jou lewe. Geniet die Valentynsete by Die Keldery.

Die restaurant het verskeie spesiale geleenthede soos hierdie wat nog vir vanjaar voorlê. Hou hul webtuiste en sosiale media dop vir aankondigings en spesiale aanbiedinge.

“Daar is vanjaar nog verskeie opwindende geleenthede om na uit te sien en jy wil dit beslis nie misloop nie,” voeg Coetzee by.

Om ’n bespreking te maak vir die Valentynsete, skakel gerus 027 213 3699 of stuur ’n e-pos na diekeldery@namaquawines.com. Besoek ook Die Keldery se Facebook-blad by @diekelderyrestaurant, volg Die Keldery op Instagram by @diekeldery en op Twitter by @DieKeldery. Besoek ook Die Keldery se webtuiste by diekeldery.com/.