kykNET soek na boere om in te skryf vir 2019 se reeks van Boer Soek ’n Vrou.
Dié werklikheidsreeks het immers al sedert 2007 vir talle Suid-Afrikaanse boere liefde
gevind en in die afgelope reeks het die boere-Kupido se pyle vir Réan en Rox-Zee, asook vir Toanette en Nardus, getref.
Boonop het die liefde ook vir een van 2018 se ander TV-boere geblom! Só, het André die
oog gevang van Monja, wie in 2015 se reeks by een van die boere vlerk gesleep het.
En, nou soek kykNET 2019 se oes van boere of plaasbestuurders, manlik of vroulik, wat deel wil wees van die twaalde seisoen. Die gewilde sangeres, Leah, sal ook terugkeer as aanbieder van Boer Soek ’n Vrou.

Boere kan op die volgende maniere inskryf:

Belangrike inligting:

  • Foto’s en afskrifte van identiteitsdokumente moet inskrywings vergesel.
  • Diegene wat wil deelneem moet ongetroud en ouer as 21 jaar wees.
  • Inskrywings moet die vervaardigers voor middernag op 22 Maart 2019 bereik.
  • Die tien gekose boere sal teen 19 April 2019 in kennis gestel word.
  • Hou kykNET se sosiale media of die media dop vir die aankonding oor 2019 se top-tien boere. Moontlike pasmaats sal dan hul beurt kry om vir dié boere briewe te skryf.
  • Die twaalfde reeks sal van Oktober op kykNET uitgesaai word.