Daar is ongelukkig sekere spesialiste en prosedures wat mediese fondse eenvoudig nie sal dek nie. Gewoonlik kan gebruikers hierdie kostes self betaal, vernaam in die geval van nie-dringende prosedures.

 

Maar hoe gemaak as hulle ’n noodgeval op hande het en geen tyd het om begrotings op te stel nie? ’n Sinvolle oplossing is om gebruik te maak van gapingsdekking (gap cover). Gapingsdekking is ’n tipe versekeringsproduk wat kostes dek waarvoor jou bestaande mediese fonds nie betaal nie.

 

Verbruikers moet egter in gedagte hou dat gapingsdekking nie ’n mediese fonds kan vervang nie – dit is eerder aanvullend tot hulle bestaande fonds. Selfs die mees omvattende mediese fondse dek deesdae nie elke moontlike onkoste wat met ’n besoek aan die hospitaal gepaard gaan nie. Daarom is gapingsdekking iets wat alle verbruikers behoort te oorweeg.

 

“Gapingsdekking is iets wat verbruikers nodig het vir hul eie gemoedsrus. Dit spaar verbruikers ’n groot finansiële las sou hulle behandeling of operasies nodig hê wat hul mediese fonds nie dek nie. Daar is ’n hele reeks planne om van te kies en verbruikers hoef nie noodwendig buitensporige premies te betaal om voordeel uit gapingsdekking te trek nie,” meen Laetitia Martins, MMR se hoof van mediese fondse.

 

Gapingsdekking is dus van kardinale belang vir ’n omvattende mediese versekeringsplan, aangesien dit letterlik die gaping dek tussen wat mediese fondse wel sal betaal en daardie prosedures wat fondse eenvoudig nie voor uitbetaal nie.

 

MMR Finansiële Dienste kan verbruikers bystaan in hul soeke na die beste gapingsdekking vir hul unieke behoeftes. Die span het jare se ondervinding in die finansiële sektor en is bekend vir hul uitstekende diens.

 

MMR is ’n goedgekeurde finansiële diensverskaffer (FSP 12017) op Vredendal. Die maatskappy bied ’n wye reeks finansiële dienste soos beleggingsopsies, versekering en hulp met die uitneem van huisverbande. Voornemende kliënte kan hul eerste konsultasie met die MMR-span gratis kry deur hulle te bel by 027 213 3043. Besoek ook hul webtuiste op www.makelaars.co.za.

Volg MMR op Facebook (@MMRFinDienste), Twitter (@DiensteMMR) en Instagram (@MMRFinDienste) om op datum te bly met die nuutste aanbiedings en dienste van hierdie makelaars.