Connect with:
Wednesday / October 16.
HomeLeefstylHertz.co.za kry ’n nuwe beeld

Hertz.co.za kry ’n nuwe beeld



Hertz Rent a Car Suid-Afrika het onlangs aangekondig dat hul nuwe webwerf nou lewendig is en dat dié nuwe webwerf die besprekingsproses van ’n huurmotor baie vlot sal laat verloop.

As ’n maatskappy wat streef na uitnemendheid en die hoogste vlak van diens aan al hul kliënte bied, poog Hertz Rent a Car Suid-Afrika dat die bespreking en ontvangs van ’n huurvoertuig ’n stresvrye en vinnige proses sal wees.. Met die bekendstelling van dié nuwe webwerf, is hulle vol vertroue dat baie nuwe kliënte gereelde kliënte sal word en dat hul bestaande kliëntebasis die verbeterings en aanpassings gebruikersvriendelik sal vind.


“Ons vertrou dat die nuwe webwerf die ervaring sal verbeter om ’n huurmotor te bespreek. Ons streef na doeltreffendheid en daarom is ons opgewonde oor die feit dat die bespreking van ’n voertuig aanlyn via die nuwe webwerf nog makliker sal wees om te doen. Die webwerf sal ook met ’n omvattende lys van al ons dienste spog en sal ’n gids wees vir enigiemand wat meer wil weet oor wat Hertz Suid-Afrika doen,” het Chanele van Tonder, Hertz Rent a Car South Africa se bemarkingsbestuur, gesê.

Die maatskappy is trots om hul 2019-uitvoerende komitee aan te kondig. Wils Raubenheimer beklee die komitee as Hoof Uitvoerende Beampte. Julian Visagie as Hoof Bedryfs- en Vlootbeampte, Nadia Maritz as Hoofregte- en Mensehulpbronbeampte en Braam Greyling as Afdelings Finansiële Uitvoerende Beampte.

Die uitvoerende komitee het onderneem om die Hertz-handelsmerk in Suid-Afrika verder te bou. Om te verseker dat kliënte tevrede is en voel dat hulle die vlak van diens ontvang het, het hulle diens van ’n bekende maatskappy soos Hertz Rent a Car South Africa nodig.


“Ons sien daarna uit om ons kliënte te help om hul eindbestemmings sorgvry en veilig hierdie jaar te bereik. Ons hele span regoor die land is daarop ingestel om kliënte die beste ervaring te bied wanneer ons ’n motor van ons af huur,” sê Wils Raubenheimer, uitvoerende hoof van Hertz Rent a Car South Africa.
Kliënte kan ’n motor aanlyn huur deur die nuwe webwerf by www.hertz.co.za te besoek. Hulle kan ook +27 21 935 4800 skakel of epos res@hertz.co.za. Bly op hoogte van al die nuutste nuus van Hertz deur hul bladsy op Facebook te hou (@ HertzRentaCar), volg hulle op Twitter (@HertzRentACarSA) en Instagram (@HertzRentACarSA).