Beste Afrikaans is Groot-ondersteuner,

Ons deel graag hieronder inligting om jou ervaring so gerieflik as moontlik te maak.

MAAK SEKER JY IS TEN VOLLE BEWUS VAN DIE DATUM EN TYD VAN DIE VERTONING WAT JY BYWOON, SOOS AANGEDUI OP JOU KAARTJIE.

Verkeer  

  • Ons verwag meer as 8,000 mense per konsert, daarom raai ons jou aan om vroeg reeds by die Sun Arena te wees en sodoende te verseker jy is betyds vir die begin van die konsert.
  • Die Tshwane Verkeersdepartement help ook om verkeersvloei te reguleer. Volg asb. hierdie roetes en gee gehoor aan die verkeersbeamptes.

Parkering     

  • Parkering is beskikbaar by:
  •         Time Square Casino & Arena (R10)
  •         Menlyn Maine Central Square (per uur)
  •         Glen High School Sportgronde (R20)
  •         Menlyn Park Winkelsentrum (per uur)
  • MVG-kaarthouers parkeer gratis by Time Square Casino en kan slegs by Corobay-laan se ingang gratis toegang verkry.
  • Ingang tot parkade vanuit Aramist- en Corobay-laan.  

Venue

Adres: Aramist-laan 209, Menlyn, Pretoria.

GPS: Klik hier vir ’n Google-kaart.

Eet- en drinkgoed     

Daar is verskeie restaurante by die Time Square Casino om van te kies:

  •         Etas (Spaanse tapas) 012 003 6176
  •         Guy Fieri’s Kitchen and Bar * (Amerikaanse burgers) 012 003 6175
  •         J’Something’s Cooking (verskeidenheid) 012 003 6156
  •         Bar Time * 012 003 6190
  •         The Globe Bar * 012 003 6191
  •         Tatso (buffet) 012 003 6151
  •         Ash’oka (Indies) 012 003 6184
  •         Shun-de (Sjinees) 012 003 6182
  •         Forti Bar and Grill (Italiaans) 012 003 6180
  •         The Brew Monkey * (Craft bier) 012 003 6164
  •         Megusto (koffiewinkel) 012 003 6155
  •         Kung Fu Cowboy * (verskeidenheid) 012 003 4041
  •         Altitude (sjampanje tuin) 012 003 6185

* GEEN PERSONE ONDER 18 TOEGELAAT

  • Besprekings noodsaaklik
  • Daar is ook kosstalletjies in die Sun Arena. Geen drank word aan persone jonger as 18 jaar verkoop nie. Kredietkaart- en kontantbetalings word aanvaar. Laai gerus die “Zapper” app op jou foon af om maklik en vinnig te betaal.
  • Verskeie restaurante is ook by Menlyn Maine en Menlyn Park beskikbaar.

AiG Geskenke, CD’s en DVD’s

  • Verskeie titels (CD’s en DVD’s) van die kunstenaars wat optree, is te koop in die voorportaal van die Sun Arena.  
  • Ons het ook spesiale Afrikaans is Groot-geskenke en produkte soos pette en T-hemde te koop.
  • Kredietkaart- en kontantbetalings word aanvaar.

Kaartjies en toegang

  • Kaartjiehouers moet ten alle tye identifiseerbaar wees.
  • Geen kaartjie, geen toegang. Maak seker jy bring die gedrukte kaartjie(s) saam. Om die proses te vergemaklik, sny asseblief jou kaartjie(s) uit en hou dit gereed vir kontrole by die ingang. Kaartjies moet vooraf gedruk word, daar is geen fasiliteite om kaartjies te kollekteer by die Sun Arena nie.
  • Een kaartjie, een keer toegang. Dit is jou verantwoordelikheid om die kaartjie(s) veilig te hou. Geen persoon sal meer as een keer toegang verkry met dieselfde kaartjie(s) nie.
  • Kaartjie-inligting: Om jou toegang so vlot en vinnig moontlik te maak, let op die nommer van die ingang wat op jou kaartjie verskyn. Dit sal aandui watter ingang om te gebruik om so gou as moontlik by jou sitplek uit te kom.

Belangrike kennisgewing: Ons het GEEN ooreenkoms van enige aard met operateurs en agente wat mag voorhou dat hul eksklusiewe AiG-pakkette verkoop nie.

Algemeen    

  • Fasiliteite: Daar is badkamers op alle vlakke van die Sun Arena. Diegene buite die Sun Arena, kan die badkamers in die Time Square Casino gebruik.
  • GEEN kameras, videokameras of selfoonkameras word toegelaat nie.
  • Verseker asseblief dat jou selfoon afgeskakel is wanneer jy jou sitplek in die Sun Arena inneem.
  • Sun Arena: Slegs eet- en drinkgoed wat by die Sun Arena gekoop is, word in die arena toegelaat.
  • Deure: Die Sun Arena se deure maak 60 minute voor die konsert oop. Jy kan daarna jou sitplek inneem.
  • Persone in rolstoele of met krukke, asook senior burgers, kan na voor in die rye by ingange beweeg om eerste gehelp te word.

Kaartjieverkope

  • Geen kaartjies word by die ouditorium verkoop nie.

Sitplekke      

  • Sitplekke is vooraf toegeken soos op jou kaartjie aangedui. Dit is nie moontlik om vooraf of tydens die konsert veranderinge aan te bring nie.
  • Geen kinders ouer as twee jaar word toegelaat om op hulle moeders se skote te sit nie. Dit is weens veiligheidsredes en is streng verbode.
  • Kinders ouer as twee jaar moet hulle eie kaartjies hê.

Vloerplan

Hou ons Afrikaans is Groot se sosiale media dop vir meer inligting.

Sien intussen uit na pret, plesier en ’n onvergeetlike musiekervaring – in jou eie taal.