Probeer hierdie smullekker bobotie vir Sondagmiddagete. Dit is beslis ’n wenresep waarmee jy nie verkeerd kan gaan nie.

Bestanddele:

1 ui, opgekap
1kg maalvleis
sout en peper
1 eetlepel appelkooskonfyt
1 dik sny witbrood, geweek in 1 koppie melk
1 eetlepel Worcestersous
3 eetlepels asyn
2 eetlepels kerriepoeier
1 teelepel borrie

Metode:

  • Braai ui en maalvleis tot bruin.
  • Druk melk uit die sny brood, maak fyn, en meng met die res van die bestanddele.
  • Voeg dit by die vleis in die pan.
  • Roer goed tot gaar.
  • Sit in vuurvaste bak.
  • Meng 2 eiers met 1 koppie melk en gooi dit bo-oor die mengsel.
  • Druk ’n paar lourierblare in.
  • Bak vir 45 minute teen 180 grade.
  • Bedien met blatjang, klapper en piesangs.

Hierdie resep is verskaf deur MyMatzikama.com