Hiermee word u hartlik uitgenooi om na ‘n voorsmakie van Egmond se opkomende enkelsnit “Koebaai” te kyk en te luister.  Die titel wat binnekort uitgereik word op digitale platforms wêreldwyd, is die voorganger vir Egmond se nuwe album “Sirkus Applous” wat in Julie 2018 uitgereik word.

Die titel sal eersdaags aan radio stasies regoor Suid-Afrika verskaf word. Indien u sou belangstel om deel te wees van die premiere dag van “Koebaai”, stuur asseblief ‘n e-pos na musiek@egmond.co.za. Verdere besonderhede sal verskaf word m.b.t. skakels van die musiek video en beskikbaarheid op iTunes, Google Play en vele meer.

Oor die musiek video

Vroeër vanjaar is die musiek video van “Koebaai” opgeneem op die strande van Pomene in Mosambiek. Die video sal op dieselfde dag bekendgestel word as die iTunes vrystelling. Indien u sou belangstel om die video eksklusief op u platform te premiere, stuur asseblief ‘n e-pos na musiek@egmond.co.za.

Oor die album “Sirkus Applous”

Egmond vier sy 15de jaar in die musiek industrie met ‘n versameling van sy grootste treffers op een album.  Die 10-stuk album, wie se titel in die splinternuwe enkelsnit “Koebaai” vervat is, sluit die #1 treffers “Better Days”, “Dis Elektries” en “Melkweg Reënboog” in, tesame met verdere Top 20 treffers “Reën (Aan Die Brand Steek)”, “Vlieg” en “Kom Red My” – wat sukses behaal het nadat dit in 2013 op Channel24 gedebuteer het.  Egmond se debuut Afrikaanse enkelsnit, “Gee Voor Jy Groet”, wat in 2010 lugtyd op ASTV gekry het, rond die album af tesame met die EDM-dans nommer “DJ” en “Mors”, die eerste treffer liedjie wat al reeds op radiostasies gedebuteer het in 2004.  Kyk hier onder na die advertensie wat ten tyde van die album se uitreiking bekend gestel gaan word.

https://www.youtube.com/watch?v=8U67tv3Kplo