Connect with:
Wednesday / October 16.
HomeArtikelsArmand du Plessis het sagte plek vir die jeug

Armand du Plessis het sagte plek vir die jeug

Die voormalige mnr. Suid-Afrika, Armand du Plessis, maak menigte dames se knieë lam en boonop is hy ook nog ’n regsgeleerde!

Die jeug van Suid-Afrika lê baie na aan Armand se hart juis daarom het hy verder in Kinderregte studeer.

Armand beskou sy prestasies op die loopplank as ’n platform om Suid-Afrikaanse mans van alle ouderdomme te inspireer en te motiveer om ’n verskil te maak.

Nadat Armand as mnr. Suid-Afrika gekroon is, het hy Suid-Afrika in 2016 by die mnr. Werêld-kompetisie, wat in Southport, Verenigde Koninkryk gehou was, verteenwoordig.

Hy ondersteun liefdadigheidsorganisasies wat in die gemeenskap terugploeg. Hy waardeer die geleenthede wat hy kry om hand-aan-hand met die jeug te werk om ’n verskil te kan maak.

Armand ondersteun graag The Teddy Bear Clinic en The Cradle Of Hope se House of Restoration.

Bron: http://www.armanddp.co.za/gallery/