Connect with:
Tuesday / November 19.
HomeLeefstylBeerhouse Fourways bekoor met wêreld-klas verskeidenheid

Beerhouse Fourways bekoor met wêreld-klas verskeidenheid

Op 27 November het Beerhouse Fourways ’n bier-en-kos aand aangebied wat jou mond sal laat oophang en aanhangers het die geleentheid gekry om die brouer self te ontmoet.

Die biere wat aangebied is, het begin by die ligter, hopsgevulde biere, reg deur tot die donker mout- en selfs wynbiere.

Beerhouse se hoofkok het ’n allemintige reeks geregte aanmekaar geslaan, elk met ’n spesifieke rede hoekom dit met elke bier gepaar is. Hoenderslaai, spekbedekte eierbroodjies, salm en komkommer, gerookte garnale met bier-kaassous en selfs ’n sjokolade-kokon was alles deel van die spesiale spyskaart.

Die kombinasie van elke bier was ongelooflik en mens kon amper nie glo hoe goed bier saam met geregte bedien kan word nie.

Tussen die feestelikhede deur het Beerhouse, in samewerking met Devil’s Peak en Fierce, se kundiges die gaste deur die bier se geskiedenis, kleure en geure gelei en glo dit of nie, as jy die beste geur uit die bier uit wil kry, moet dit net soos wyn ook bietjie geskommel word!

Beerhouse se warm ontvangs, uitsonderlike spyskaart en ontspanne atmosfeer het gesorg vir ’n luilekker-aand wat onthou sal word.

Moenie Beerhouse se volgende bier-en-gereg-aand mis nie!