Connect with:
Thursday / November 21.
HomeArtikelsBekende Instagram-sensasie, Dalton Stoltz, op sy reis na sukses

Bekende Instagram-sensasie, Dalton Stoltz, op sy reis na sukses

Die 21-jarige sosiale media ster en sensasie, Dalton Stoltz, het groot naamgemaak nadat hy sy virale video, The Slide, op die platform TikTok gelaai het. Nou word hy al herken deur volgelinge in winkelsentrums en was ook al op ’n oorsese toer saam met die bekende musiekgroep Rubber Duc.

Jeanne-Mari van Eeden van www.sterre.co.za het met hom gesels.

Vertel my meer oor jouself?

“My naam is Dalton, ek is ’n 21-jarige sosiale media influencer gebore in die Oos-Rand. In 2014 het ek afgekom op ’n platform genoem Instagram, maar die platform was in daardie stadium nie so ingewikkeld nie. Al wat jy kon doen is “follow, like, comment” en ander klein funksies. Vandag is dit baie meer ingewikkeld met al die sakefunksies, stelsel-analise en vele ander meer algoritmiese ontwikkelinge.

“Ná matriek het ek Kaapstad toe getrek om my droomberoep te volg en die influencer-leefstyl te lewe. In die Kaap met my ma se ou kamera, “cool kid hairstyle” en soekend na iets groter as die norm. Hoewel ek die geleentheid gekry het om met ’n paar bekende supermodelle soos Hybre Taljaard en Karla Kubica te werk, was dit nie altyd die glamour- en champagne-leefstyl nie. Aanvanklik was dit baie intens – van vroegoggende in die berge tot laataande op die rekenaar met foto- en filmontwikkeling. Ek het baie gou ’n stewige fan base op sosiale media gebou. Voor ek geweet het wat my tref, is ek kop eerste in die wêreld van sosiale media in en geleenthede het links en regs begin oopgaan.

“Ek het tot en met September 2018 die hele Kaap platgetrap en dit was tyd vir ’n nuwe avontuur. In Januarie 2019 is ek Hongkong toe. Deur strate met snaakse name en mense met vreemde tale het ek baie gou besef hoe groot die wêreld eintlik is. Ek is tans weer terug in die Kaap.”

Vertel my meer van jou ervaring in Hong Kong?

“Ek moet erken dat Hongkong een van die mees insiggewende geleenthede van my lewe was. Nie baie land daarna nie het ek weer oorsee gegaan en myself bevind in Amsterdam waar ek ’n “Celebrity TikTok Influencer” @Casper_official, ontmoet het. Ek het by hom die idee gekry om my viral video The Slide op die TikTok-platform te post – ek het reeds meer as 700 000 views gekry.”

Waarmee is jy tans besig?

“Ek het pas teruggekom van Durban ná ’n toer wat ek gedoen het met die musiekgroep Rubber Duc, wie se nuwe enkelsnit in die top 8 van die ECR top 40 beland het.

“Op die ouderdom van 21 het ek meer bereik as wat ek ooit sou kon dink! Van mense wat my herken in openbare plekke tot besighede wat saam met my wil werk. Maar ek weet ek het nog nie eers die begin van die ysberg geskraap nie.”

Waar kom die naam van jou Instagram-handle saintspaid vandaan?

“So, my Instagram-handle saintspaid kom al van 2014 af toe ek baie geïnteresseerd was in “gaming” en ek ’n “gamer tag” moes maak. Maar daai tyd wou ek nie my regte naam gebruik nie, want die internet was nog nie so ’n gewilde ding hier in Suid Afrika nie.  Ek het per toeval afgekom op saintspaid, maar nou dat die sosiale media die wêreld begin oorvat het, het saintspaid my karakter geword en gereeld sal ek iemand in ’n winkelsentrum raakloop wat my Saint noem en nie op my regte naam nie.”

Wat is die een plek in die wêreld waar jy baie graag sal wil werk/vakansie hou?

“Vir werk sal ek definitief na Los Angeles of California in Amerika wil gaan, want sosiale media is ’n baie groot trend daar, tot op die punt waar mense as celebrities behandel word as gevolg van die videos wat hulle maak en op sosiale media plaas. Vir vakansie hou moet ek sê Bali in Indonesië – van alles wat ek sien en hoor, is dit die plek wat my aandag die meeste trek. (Ek beplan om Desember te gaan).”

In ’n ideale wereld, waar sien jy jouself oor 5 jaar?

“In die ideale wêreld oor 5 jaar: Ek het pas teruggekom van Amerika waar ek die laaste 6 maande deurgebring het saam met bekende sterre op sosiale media, waar ek baie kennis opgedoen het wat ek terug sal bring Kaapstad toe. Ek is in die top 10 mees invloedryke mense op sosiale media in Suid Afrika en my besigheid “Saint Digital” het ’n paar groot kontrakte gekry.  Ek geniet nou my oggendkoffie, terwyl ek afkyk op die Kampsbaai-strand.”

Na wie kyk jy op vir motivering en inspirasie? 

“My inspirasie kom van ’n verskeie groepe mense af, ek sal nie se een persoon in spesifiek nie want ek kyk op na die eienskappe wat mense in gemeen het. Dit is dikwels hul hoë energievlakke en dryfkrag tot sukses.”

Wat is jou motto?

“I’m heading to success, so you can either join me or leave me, but best believe you ain’t gonna keep me from reaching my destiny.”

“Sekere mense dink my mentaliteit is ’n bietjie extreme maar ek glo dat as jy iets soek in die lewe moet jy daarvoor werk en die mense waarmee jy jouself omring, moet dieselfde mentaliteit hê, anders gaan hulle jou net aftrek.”

Dit lyk of jy ook ’n passie het vir die filmbedryf as ek na jou Youtube-video’s kyk?

“My passie vir die hele influencer lewe het begin by fotografie toe ek my ma se ou kamera gevind het. Van foto’s neem op die plot waar ek grootgeword het in die Oos-Rand tot onder 18 festivals soos Wonderland en Colour Fest, het ek baie gou verlief geraak op die kamera en nie lank daarna nie het ek begin belang stel in film.”