Connect with:
Saturday / July 20.
HomeKolligBobby en Karlien verruil weer skoene

Bobby en Karlien verruil weer skoene

Suid-Afrika se bekendste broer en suster, Bobby en Karlien van Jaarsveld, is terug met die tweede seisoen van hul gewilde werklikheidsprogram, In Jou Skoene.

In dié program laat hulle hul lewens agter en spandeer 48 uur in iemand anders se wêreld – wat baie verskil van dít waaraan hulle gewoond is.

Die eerste seisoen van dié program het kykers telkemale in trane gehad wanneer hulle, saam met Bobby en Karlien, verplaas word na ’n wêreld waar dinge nié altyd goed gaan nié.

Trane en emosievolle oomblikke sal daar weer hope van wees as hulle onder meer kinderhospitale besoek. Hulle ervaar ook die Kaapse Vlakte en leer meer van dié inwoners se daaglikse uitdagings.

Deur in te skakel op dié program, vlug jy nie net van jou eie probleme nie en omstandigehede nie, maar jy kry ook die kans om in ander se skoene te staan. Dit sal beslis jou hartsnare roer.

Die tweede seisoen van Bobby en Karlien: In Jou Skoene begin op Woensdag 8 Mei om 20:30 op VIA (kanaal 147).