Connect with:
Tuesday / June 2.
HomeTVBoer Hennie en sy Jacobu haak af

Boer Hennie en sy Jacobu haak af

Boer Hennie Lötter van die negende reeks van, Boer Soek ’n Vrou, en Jacobu Muller het onlangs hul troufoto’s gedeel nadat hul vroeër in Oktober afgehaak het.

Hennie en Jacobu het talle kykers in Januarie vanjaar verras. Jacobu het aanvanklik vir Boer Arno ingeskryf, maar dié twee het aan die einde van die reeks aangekondig dat hul net vriende gaan wees.

Hennie, ’n veeboer van Willowmore in die Oos-Kaap het ook nie liefde gevind nie, en het op sy Instagram-blad geskryf dat sy en Jacobu se verhouding, “onverwags, onbeplan, maar amptelik” is.

Dié verhouding het glo vlamgevat nadat Jacobu ’n pakkie vir Hennie op sy pa se plaas moes aflewer. Sy het ’n boodskap vir hom gelos, en nadat hul begin gesels het, het die liefdesvlam begin brand.

Die paartjie het in Junie hul verlowing op Instagram bevestig.

Die tiende seisoen van Boer Soek ’n Vrou het 12 Oktober op kykNET afgeskop.

Die foto’s is met vergunning van Lynelle Pienaar Fotografie geplaas. Vir meer besoek Lynelle Pienaar Fotografie se Facebook-blad of webblad.