Connect with:
Tuesday / November 19.
HomeFlieksChristel van den Bergh ’n kraghuis van sukses

Christel van den Bergh ’n kraghuis van sukses

Sterre was gelukkig genoeg om hierdie naweek vir Christel van den Bergh agter-die-skerms raak te loop by die Afrikaans is Groot-konsertreeks waar sy besig was om onderhoude te voer namens Getroud met Rugby vir Afrikaans is Groot. Sy het met liefde ’n tydjie afgeknyp om ook met Sterre te gesels.

Christel van den Bergh het natuurlik geen bekendstelling nodig nie. As een van Suid-Afrika se top aktrises speel Christel tans die rol van Renate Greeff op Getroud met Rugby en was sy ook onlangs die voorbladgesig vir die glanstydskif – Bloss Magazine.

“Magdie Raats het my eendag gekontak en gevra of ek sou belang stel om op die voorblad van Bloss te verskyn. Mens kry nie baie die geleentheid om as ’n plaaslike aktrise so groot hoëmode-voorblad te skiet nie,” sê Christel.

Christel is ook eerskomende Maandag te sien op die voorblad van Vrouekeur waar sy ’n onderhoud gedoen het om bietjie meer te gesels oor haar karakter as Renate Greeff.

Tussendeur verklap Christel ook die groot nuus dat sy besig is om aan ’n fliek te skryf. Nie net skryf Christel die fliek nie, maar wil sy ook graag die regie behartig. “As akteur kan jy jouself in ander mense se skoene plaas, so ek dink akteurs maak ook goeie regisseurs. Jy weet hoe voel dit om so kwesbaar te voel voor die lens so jy weet hoe om regie te benader.”

Christel noem ook dat sy haarself as vervaardiger sien in die nabye toekoms. “Ek wil hê almal moet eendag vir my wil kom werk,” sê Christel. Nie net as werknemers nie maar ook omdat sy ’n hart vir mense het en dit graag op daardie manier sal wil uitleef.

Plat op die aarde met ’n hart van goud kan mens nie anders as om opgehelder te voel wanneer jy in die teenwoordigheid van Christel is nie. Haar tasbare passie en energie is ongetwyfeld die dryfkrag agter die sukses wat sy keer om keer bereik.

Maak seker jy hou Christel se sosiale media dop om al haar projekte wat sy aanpak te sien!