Connect with:
Sunday / June 16.
HomeSportsterChristoff kraai koning met fietsry

Christoff kraai koning met fietsry

Ons gesels met Sterre se jong #SportsterVanDieWeek, Christoff Jacobs, van Pretoria. Jacobs het op vyftienjarige ouderdom jaar besluit om sy loopbaan as ’n fietsryer te begin. “Ek het altyd die fietsrywedrenne saam met my ouers op TV gekyk en myself ingeleef in die gebeure.” vertel hy.

Jacobs is baie opgewonde om deel te neem aan die Trans Baviaans-fietswedren, wat in Augustus buite Willowmore plaasvind.

Die grootste prestasie wat hy nog in sy loopbaan behaal het, was om ’n tweede plek los te ry met ’n stadium-wedren. Jacobs het ook die afgelope drie jaar aan verskeie nasionale wedrenne deelgeneem.

Jacobs se ouers, wat self baie mededingend is, is Jacobs se grootste ondersteuners. “Ek volg ook ’n streng dieet,” noem Jacobs in sy gesprek met Sterre. “Ek oefen elke dag en probeer by soveel kompetisies moontlik uitkom.”

Christoff sien homself as ’n professionele fietsryer wat die wêreldtoer oor 10 jaar wil aanpak.

Jacobs stel belang in fietsryborgskappe om hom te help met wedrenne. Kontak hom gerus by 072 374 0186 vir meer inligting.

Gaan volg ook gerus vir Christoff Jacobs by @christoffjacobs_cycling op Instagram.