Connect with:
Monday / December 9.
HomeEventsClassics gaan jou laat ruk en rol

Classics gaan jou laat ruk en rol

Die gesogte produksie, Classics, vind weer vanjaar in Julie 2019 in Pretoria plaas en oudergewoonte kan gehore uitsien na ’n kragtoer van treffers deur die eeue. 

“Hierdie is vir my ’n droom wat waar word,” het Demi Lee Moore, wat vanjaar, saam met Elvis Blue, vir die eerste keer deel is van Classics, gesê.

Van die land se grootste kunstenaars soos Demi Lee, Elvis, Corlea, Monique Steyn, Touch of Class, Jannie Moolman en die jong sangsensasie, Amira, is deel van dié konserte.

Vir die eerste keer kan aanhangers ook ’n Premier-vertoning geniet op die Vrydagaand wat ’n driegang maaltyd en verskeidenheid wynkeuses insluit. Dit beloof om die ideale manier te wees om Classics – gesellig om ’n tafel – te geniet.

Verlede jaar se produksie het die maatstaf gestel vir ’n ongeëwenaarde musikale produksie en vanjaar se konsert beloof om die gehore weer asemloos te laat, met van die land se beste kunstenaars op die verhoog.

Daar kan uitgesien word na ’n keurspel van Elvis Presley wat deur Jannie Moolman vertolk gaan word en beloof om konsertgangers op hul voete te hê.

Demi Lee sal ’n Celine Dion-treffer haar eie maak terwyl Elvis Blue sy weergawe van een van Mike and the Mechanics se grootste liedjies ooit nuwe lewe gee. Verder gaan gehore asemloos gelaat word as van die land se grootste kunstenaars musiek van Queen, A Star is Born, The Sound of Music, The Phantom of the Opera, Grease, Barbra Streisand, Bruno Mars, Dolly Parton, Simon and Garfunkel en The Beatles opvoer.  

“Die naam Classics kan dalk misleidend wees, maar ons gaan ruk en rol en ons gaan dans en partytjie op die maat van die grootste pop- en rock-treffers van alle tye met ’n 40-stuk orkes en ons land se voorste stemme, ” het Barry Pretorius, vervaardiger en regisseur van Classics, verduidelik. 

“Hierdie is ’n wêreldklasproduksie en ons is slaggereed om gehore weer weg te blaas,” het hy gesê.

Hier is ‘n lusmaker van wat by Classics verwag kan word: https://www.facebook.com/ClassicsConcert/videos/2155104001205482/

Classics vind op Vrydag 19 Julie en Saterdag 20 Julie 2019 by die Sun Arena in die Time Square in Pretoria plaas. Kaartjies is slegs beskikbaar by Computicket of Shoprite en Checkers-winkels landwyd. Kaartkjiekopers word gemaan om versigtig te wees vir derdepatye wat kaartjies te koop aanbied. Om jou kaartjies aanlyn te kry klik op die volgende skakels:

 

Vrydag 19 Julie – tafelbesprekings: http://bit.ly/ClassicsPremier_Tables

Vrydag 19 Julie – sitplekbesprekings: http://bit.ly/ClassicsPremier_Seats

Saterdag 20 Julie: http://bit.ly/LexusClassics2019

 

WEN: www.sterre.co.za gee twee kaartjies weg! Gaan loer op ons sosiale media, deel die plasing en jy mag dalk net die gelukkige wenner wees.