Connect with:
Sunday / August 25.
HomeMusiekCorlea se nuwe album, Onbreekbaar, bring boodskap van hoop

Corlea se nuwe album, Onbreekbaar, bring boodskap van hoop

Corlea bekoor aanhangers weer met haar nuwe album, Onbreekbaar, wat onlangs uitgereik is. Dié album bevat ook die treffer, Breek My Hart, wat landwyd op radiostasies se ranglyste geskitter het.

Met haar engelstem bring sy met dié album die boodskap van liefde, hoop en uitkoms.

Aanhangers wat Die Kontrak gevolg het, kan ook uitsien na ’n duet, Déjà Vu, saam met Wilha Carstens wat een van die deelnemers aan dié talentkompetsie was.

Tydens die uitreiking van dié album het Corlea ook ’n ernstige kwessie aangeraak – die mishandeling van vroue. Sy het die Bittersoet-projek geloods en met dié projek moedig sy almal aan om ’n genadesak by haar te kry sodat dié aan vroue in nood geskenk kan word. Loer gerus op haar sosiale media hoe jý kan help.

Kry Corlea se album digitaal hier: https://lnk.to/Onbreekbaar.