Connect with:
Tuesday / June 2.
HomeMusiekDanièle Pascal tree op by Africlassic River Lodge

Danièle Pascal tree op by Africlassic River Lodge

Die sangeres en skrywer Danièle Pascal vier die 40ste jaar van haar solo-loopbaan in die vermaaklikheidsbedryf.

Sy is een van die suksesvolste kunstenaars en kan musiek maak in Frans, Engels en Duits. Sy is ’n inspirasie vir menige Suid-Afrikaanse kunstenaars en haar opvoerings is persoonlik.

Pascal tree op Vrydag, 10 November by Africlassic River Lodge in Rivonia, Johannesburg op. Die tyd is 18:30 vir 19:00 en sluit ’n driegangete in.

Kaartjies vir die opvoering is beskikbaar by Computicket of skakel Africlassic by 011 234 6522 en kos R290 per persoon.