Connect with:
Wednesday / May 22.
HomeMusiekDebuut vir sanger en liedjieskrywer

Debuut vir sanger en liedjieskrywer

Die twintigjarige Hanco, sanger en liedjieskrywer van Tzaneen, het pas sy debuutalbum, Hou Vas, vrygestel. Sy eerste kennismaking met die verhoog was op die vroeë ouderdom van nege jaar en die hande klap van die gehoor is ’n herinnering wat hom altyd sal onthou.

Vir vier jaar neem hy sanglesse by Rocking Voices en hy is tans ’n finale jaar student by SAMI (South African Music Institute) waar hy in komposisie, klavier en teorie spesialiseer. Hanco hou daarvan om sy eie liedjies te skryf en vir hom is die beste gevoel om te sien hoe ’n gehoor op sy liedjies reageer.

Hou Vas bevat sewe snitte geskryf deur Hanco en vervaardig deur Sloan en Ziggy.

“Hou Vas het vir my ’n groot verskeidenheid betekenisse. Dit is vir my aanmoediging. Dit gaan vir my oor om aan daardie een droom vas te hou en om aan daai een persoon vas te hou. Dié EP sou nie kon gebeur sonder almal wat agter my gestaan het nie. Daar is ongelooflik baie komponente en mense wat gewerk het aan my loopbaan en om my droom te verwesenlik,” het Hanco vertel.

Leer Hanco beter ken – klik hier https://www.youtube.com/watch?v=LT1TnCAvgHY&t=3s. Om na die musiekvideo vir sy enkelsnit, Hou Vas te kyk, klik hier: https://www.youtube.com/watch?v=reLA3LflIR8.