Connect with:
Sunday / June 16.
HomeFeesteDie gewilde Hantam Vleisfees is om die draai!

Die gewilde Hantam Vleisfees is om die draai!

Gedurende die laaste naweek van Augustus is alles in rep en roer op Calvinia – ’n klein dorpie in die Noord-Kaap. Dié dorp is skaapvleis-wêreld en die opgewondenheid is reeds in die lug vir die jaarlikse Calvinia Vleisfees wat vanjaar op Vrydag, 30 en Saterdag, 31 Augustus aangebied word.

Vanjaar is die 30ste keer dat dié fees plaasvind en net soos toe die fees in 1990 gebore is, sal die fees weer eens rondom vleis draai. Die fees spog met verskeie aktiwiteite vir oud en jonk – en daar is genoeg om almal die hele naweek besig te hou. ’n Verskeidenheid kunstenaars sal ook by dié fees in aksie wees.

Feesgangers kan ook uitsien na die verskeie stalletjies wat tydens dié fees op die terrein sal wees.