Connect with:
Friday / November 15.
HomeSakeDie voordele van finansiële beplanning

Die voordele van finansiële beplanning

Gehalte finansiële beplanning is noodsaaklik omdat dit vir verbruikers help om kort- en langtermyn-doelwitte vas te stel. Dit help ook verbruikers om ’n gebalanseerde plan in plek te stel om hierdie doelwitte te bereik.

“’n Goeie finansiële plan en strategie kan verbruikers help om die beste te maak van hul maandelikse inkomste. Ongeag hoeveel geld verbruikers verdien of wat hulle finansiële doelwitte is – hulle sal baat by finansiële beplanning,” meen Marlize Roux, hoof van MMR Finansiële Dienste.

Finansiële beplanning behels ook dat verbruikers se kontantvloei gemonitor word om vas te stel waarheen hulle geld gaan. Sodoende kan verbruikers besluit waarop hulle minder geld kan spandeer ten einde meer te spaar.

Verbruikers wat van finansiële beplanning gebruik maak, het ook ’n beter begrip van sekere finansiële verskynsels, terme en produkte. Ingeligte verbruikers neem ingeligte finansiële besluite.

Die proses van finansiële beplanning behels ook dat verbruikers bygestaan word om hul geld te belê. Daar word onder meer gefokus op die bestuur van hul bates en hoe hierdie bates en beleggings aangewend kan word om hul doelwitte vinniger te bereik.

MMR Finansiële Dienste se span het jare se ervaring in die finansiële sektor. Hulle kan verbruikers help met persoonlike finansiële beplanning wat hul unieke behoeftes in ag neem.

MMR is ’n goedgekeurde finansiële diensverskaffer (FSP 12017) op Vredendal. Die maatskappy bied ’n wye reeks finansiële dienste soos beleggingsopsies, versekering en hulp met die uitneem van huisverbande. Voornemende kliënte kan hul eerste konsultasie met die MMR-span gratis kry deur hulle te bel by 027 213 3043. Besoek ook hul webtuiste op www.makelaars.co.za.

Volg MMR op Facebook (@MMRFinDienste), Twitter (@DiensteMMR) en Instagram (@MMRFinDienste) om op datum te bly met die nuutste aanbiedings en dienste van hierdie makelaars.