Connect with:
Tuesday / November 19.
HomeLeefstylDoen dit self idees vir jou troue

Doen dit self idees vir jou troue

Soms vergeet jy om vir die onvoorsiene te beplan wanneer jy op trou staan, en dit is heeltemal normaal, maar dit kan dalk jou spesiale dag so ’n bietjie deurmekaar krap.

Wat as dit begin reën by jou buitelugtroue?

Daar is nie regtig ’n oplossing vir iets soos reën of wind nie. Hieronder is voorsorg wat julle kan tref om alles in julle vermoë te doen om die situasie te probeer reg as moeder natuur nie wil saamspeel nie.

  • Hou altyd ’n tent op bystand. Al moet jy ’n deposito betaal en dit verloop, is die gemoedsrus die moeite werd.
  • Begin die weer twee weke voor die troue dophou. Dit gee jou genoeg tyd om die nodige reëlings te tref vir koue, wind of reën.
  • Stel iemand aan om dinge vir jou te doen. Moenie verantwoordelikheid op jouself neem om seker te maak dat almal gemaklik is by die troue nie.
  • Beplan die seremonie en onthaal naby ’n area wat beskut is, sodat daar vinnig geskuif kan word indien dit onverwags begin reën of die weer nie na wense uitdraai nie.
  • Begroot van die begin af vir onvoorsiene omstandighede.
  • Maak vrede met hoe die weer op jou troudag speel.

Dit klink dalk makliker gesê as gedaan, maar jy sal jouself baie ongelukkigheid spaar as dit kan aanvaar dat daar verandering in weerstoestande kan wees.