Connect with:
Monday / December 9.
HomeMusiekElandré raak nostalgies met sy nuutste treffer, Tussen Die Lakens

Elandré raak nostalgies met sy nuutste treffer, Tussen Die Lakens

Na die reuse sukses van Vuur Op Die Water, wat vandeesweek goue status behaal het, vier Elandré mense wat hy in ’n lang tyd nie oor gepraat of gedink het nie met sy nuutste treffer, Tussen Die Lakens. Tussen Die Lakens beoog om nog hoër hoogtes te bereik as Vuur Op Die Water. 

“Hierdie liedjie vier mense wat ek in ’n lang tyd nie oor gepraat of oor gedink het nie. Om net stil te sit en te sê: Wow, daai mense was great en daai tye was great. Ek het vrede gemaak met wat ek oor die laaste paar jaar verloor het, want ek het baie opgegee om te doen wat ek vandag doen. Maar ek onthou jou en ek waardeer jou. Ek het vrede met jou, waar jy ook mag wees. Ek onthou jou nog. Kyk maar elke nou en dan op na die maan en wie weet, dalk kyk ek op daai selfde oomblik ook op na die maan,” het Elandré vertel.

Geniet die musiekvideo vir dié enkelsnit hier: hier.