Connect with:
Sunday / August 25.
HomeFlieksElani Dekker in nuwe rol as Lisa

Elani Dekker in nuwe rol as Lisa

Elani Dekker, wat mees onlangs vir haar rol in Binnelanders onthou sal word, speel die hoofrol in die nuwe romantiese drama, Liewe Lisa. Sy vertolk die rol van Lisa en beskryf haar karakter as volg: “Lisa is ’n meisie met groot drome, maar is versigtigheid om dit uit te leef.”

Lisa het pas teruggekeer huis toe nadat sy haar studies aan die Universiteit van Kaapstad voltooi het. Sedert haar ma se dood wou sy die wêreld verander as ’n joernalis. Die verhouding tussen haar pa en stiefma dryf haar om op ’n reis te gaan om haarself te vind en sy word in ’n verhouding gedompel waarvoor sy nie regtig gereed is nie.

Elani het reeds op ’n jong ouderdom haar debuut op die grootskerm gemaak en raai opkomende akteurs aan om ’n goeie ondersteuningsnetwerk te hê, in hulleself te glo en te weet dat dit soms moeilik gaan wees.

Liewe Lisa is ’n onafhanklike film en Elani vertel dat haar ervaring baie anders op stel was as ander films, juis om hierdie rede. “Liewe Lisa is ’n mooi eerlike storie.” Dit is hoe sy die film beskryf om mense aan te raai om dit by jou naaste Ster Kinekor of Nu Metro te gaan kyk.

Liewe Lisa het op Valentynsdag in teaters begin draai en jy kan hier na die lokprent kyk: https://www.youtube.com/watch?v=sYZc6ORahRE