Connect with:
Tuesday / November 19.
HomeKolligEmil Paul en Samantha Leonard kragtig saam

Emil Paul en Samantha Leonard kragtig saam

Emil Paul, The Voice-deelnemer, het vroeër vanjaar sy debuut-album Begin Net Oor vrygestel, en saam met Samantha Leonard in duet, Jou Fotoraam, blaas hul asems weg.

“Ek is gek vir ’n lekker duet, en om dit saam met een van die beste stemme in ons land te doen is niks anders as ‘n groot eer nie,” sê Emil. Samantha, wat self ’n finalis in die gewilde realiteitreeks was, is tans op alle radiostasies met haar debuut-album ’n Duisend Keuses.

Jou Fotoraam se diep betekenis mag nie verlore raak in die kunstenaars se saamgevloeide stemme, die polsende melodie of kragtige verwerking nie. Die lied se storie word vertel vanuit die perspektief van ’n persoon wat ’n geliefde aan die dood afgestaan het, en wat sukkel om aan te beweeg. Die lied is vir Emil baie persoonlik, omdat hy sy ma op ’n jong ouderdom verloor het. Hy verstaan dat daar gewoonlik baie vrae is en dat die rouproses nie altyd maklik is nie.

’n Fotoraam se simboliek is iets waarmee hy identifiseer; “omdat mens altyd eers die foto van die persoon waardeer wanneer hulle nie meer daar is nie. ’n Foto beteken soveel meer as jy daarna kyk, as daar heimwee daaraan gekoppel is, want dis asof die persoon nog Lee,”  verduidelik hy nostalgies.

Hy hoop dat luisteraars, wat iemand verloor het, minder alleen sal voel wanneer hulle na Jou Fotoraam luister en dat hulle sal weet hulle is nie alleen nie, want iemand anders – hy – verstaan waardeur hulle gaan. Luisteraars kan uitsien na ’n pragtige musiekvideo met beide Emil en Samantha. Die video volg die lied se sterk ballade tema en die ‘n storie word vertel van ’n persoon met mooi herinneringe van liefdesverhouding.

Dele van die video is geskiet by die mooie Lombardy Hotel en die gewilde Rooftop Cafe met die regie wat hanteer is deur Luther van der Watt.

Emil is ’n besige mannetjie met planne om homself meer en meer in die musiekbedryf as ’n vervaardiger en skrywer te vestig. Hy hou daarvan om te eksperimenteer met verskillende klanke en sal ook iets wil vervaardig wat op internasionale vlak erken kan word.

Maak seker jy kry sy album om Jou Fotoraam en vele meer te geniet.