Connect with:
Tuesday / June 2.
HomeLeefstylsterFrançois Bloemhof: Maak met woorde wêrelde oop

François Bloemhof: Maak met woorde wêrelde oop

François Bloemhof beskryf homself as ’n mens wat nie in een sin opgesom kan word nie. Hy het ook reeds verskeie boeke geskryf en sy passie vir skryf het deur lees ontwikkel. Hy het eendag besef dat hy ook stories kan uitdink. “Ek is gaande daaroor dat ’n mens so met woorde kan speel en toor.”  

François het ook boeke vir die films Vir altyd, Vir die voëls en Pad na jou hart geskryf. “Ek hou baie van boeke en is lief vir flieks, so dit het vir my heel natuurlik gevoel om die twee so te laat saamsmelt”. Hy het al verskeie boeke van sy eie gepubliseer en vele toekennings ingepalm. Van sy titels sluit in Doodskoot, Moord In Die Beloofde Land, Jy-weet-wie en Helse Manier Van Koebaai Sê.

Hy lees graag in sy vryetyd, hou van flieks en om na musiek te luister. Francois glo elke medium vertel ’n storie op sy eie manier. Hy hou ook van draf en het vier katte – Katinka, Rosebud, Emma en Fernando.

François woon in Durbanville en as hy nie besig is om aan sy eie boek te skryf nie, redigeer hy ander boeke. “Dit het my geleer om meer objektief na my eie skryfwerk te kyk. Ek moet my soms instel om nie te ‘tegnies’ na boeke te kyk nie, want teen hierdie tyd is die kans skraal dat iemand my nog met ’n nuwe benadering gaan verras”.