Connect with:
Wednesday / October 16.
HomeMusiekHanco genomineer vir Aitsas

Hanco genomineer vir Aitsas

Hanco, een van die nuwe sterre van die David Gresham Platemaatskappy, pas genomineer  vir ‘n Aitsa Afrikaanse Musiektoekenning in die kategorie Nuweling van die Jaar.

Hanco, ‘n 21- jarige sanger en liedjieskrywer van Tzaneen, het vroeër  vanjaar sy debuut EP, “Hou Vas”, bekend gestel. Hy stel ook binnekort sy nuutste video vir die enkelsnit “Verdrink” vry.

Oor die nominasie, is Hanco baie opgewonde. “Ek het eintlik nie woorde nie. Ek is ongelooflik dankbaar en ek sien vreeslik uit daarna om te sien wat die toekoms vir my inhou. Ek is nou meer gemotiveerd as ooit om nog harder te werk. Dit beteken vir my baie om te sien hoe my harde werk, sowel as almal wat hierby betrokke was, erkenning ontvang. Ek kan nie genoeg dankie sê vir die Here wat alles moontlik maak nie.”

Die Aitsa Afrikaanse Musiektoekennings vind plaas op 16 Oktober 2019 by die Moreleta Ouditorium.