Connect with:
Saturday / September 21.
HomeFlieksHierdie Afrikaanse flieks tref die silwerdoek vanjaar

Hierdie Afrikaanse flieks tref die silwerdoek vanjaar

Kry solank die springmielies reg, want vanjaar is daar is weer ’n propvol spyskaart van flieks waarna fliekvlooie kan uitsien. Van drama tot komedie. Hier is die volledige lys:

Bly hier ophoogte van die jongste flieknuus.

RAAISELKIND
In fliekteaters 16 Februarie

’n Negejarige outistiese seun word dood in die bad aangetref. Sy ma, Ingrid, wat haar lewe aan hom toegewy en hom baie lief gehad het, word ondersoek vir moord.

Kyk die lokprent hier:

MEERKAT MAANTUIG
In fliekteaters 16 Maart

Ná haar pa se skielike dood, daal Gideonette de la Rey, ’n jong hipochondrie met ’n ooraktiewe verbeelding, in die duisternis want sy besef dat sy die enigste een met ’n vervloekte familienaam is. Met die hulp van haar nuwe vriend, Bhubesi en sy ‘maantuig’, moet sy die innerlike krag vind om haar vrese in die gesig te staar om die vloek te breek. Geïnspireer deur die boek Blinde Sambok deur Riana Scheepers.

Kyk die lokprent hier:

SUSTERS
In fliekteaters 30 Maart

Susters gaan oor drie aangenome susters wat van mekaar vervreemd geraak het en hoe hulle op ’n ontdekkingsreis gaan met die afsterwe van hul moeder. Dis ’n reis gevul met tere herinneringe, interessante karakters, ongelooflike mooi plekke en dit waarmee die skoner geslag baie bekend is – hoe om sakke vol pret te hê.

Kyk die lokprent hier:

WONDERLUS
In fliekteaters 27 April

’n Troue draai op sy kop en die volgende oggend moet vriende en vyande die raaisel van die vorige aand probeer oplos. In die soeke na antwoorde moet ’n bruidegom die liefde van sy lewe agternasit, moet ’n bruid haarself losmaak van haar verlede en moet ’n kelnerin haar hede ontsnap.

Kyk die lokprent hier:

NOMMER 37
In fliekteaters 18 Mei

Om op die verkeerde plek op die verkeerde tyd te wees, was nog nooit verstaanbaar soos enige iemand anders as Randall Hendricks nie. As ’n kinderagtige dief op die bekende Kaapse Vlakte, was hy gevang in die middel van ’n ongelukkige bendeverwante insident waar hy gesteek is met ’n mes en verlam is in die onderlyf. Baie verbitterd oor wat met sy lewe gebeur het en dat hy dieper in finansiële verknorsing geval het, sit hy en staar uitdrukkingloos by die venster uit en kyk na ander as ’n depressiewe tydverdryf. Onverwags het daar iets gebeur wat hy aanskou het deurdat ’n agterdogtige ooreenkoms tussen ’n bendelid en ’n wapenhandelaar plaasgevind het in ’n aangrensende woonstel en wat verskriklik verkeerd verloop het. Met bedrog en vraatsug om elke hoek en draai, volg ’n spanningsvolle reis wat lewens in dodelike gevaar stel. Nommer 37 was ’n een van die kortflieks wat in 2014 by die Silwerskermfees gedraai het wat nou ’n vollengte fliek is.

Kyk hier na ’n kort voorskou:

THYS & TRIX
In fliekteaters 22 Junie

Thys en Trix is ’n skaterlag aksiekomedie met Leandie du Randt Bosch en Bouwer Bosch in die hoofrolle. Thys en Trix is broer en suster en ook ywerige, onbeholpe polisiemanne. Thys is ’n bedagsame knoeier en Trix ’n ongeskikte, sexy rabbedoe. Hulle onderlangse twis veroorsaak dat hulle geskors word nadat hulle die polisiediens wéér in die verleentheid stel.

Kyk hier wat agter die skerms op stel gebeur:

STROOMOP
In fliekteaters 9 Augustus

In Stroomop ontmoet ons vyf dames wat almal besig is om stroomop te swem in hulle afsonderlike lewens. Verskillende situasies en gebeure lei elkeen van hulle om op dieselfde rivier-avontuur te gaan. Tydens die avontuur word die boot waarin die dames vaar, omgegooi en die gids raak verlore. Die dames word gedwing om op hul eie in die water en wildernis te oorleef, onwetend dat hul onderskeie realiteite en lewenservaringe hulle reeds bevoeg maak vir dié uitdaging.

Kyk hier wat Ivan Botha en Donnalee Roberts te sê het:

DIE ELLEN PAKKIES STORIE
In fliekteaters 7 September

Die regisseur van Noem my Skollie, Daryne Joshua, en die Moving Billboard Picture Company in samewerking met die gemeenskap van Lavender Hill, het kragte saamgesnoer vir Die Ellen Pakkies Storie.