Connect with:
Thursday / November 21.
HomeFlieksJessica Alba verwelkom baba nommer 3

Jessica Alba verwelkom baba nommer 3

Jessica Alba en haar man Cash Warren het 2018 afgeskop met die geboorte van hul derde kind, ’n babaseun.

Jessica, wat ’n foto van die oulike knaap op haar Instagram-profiel geplaas het, het verklap dat haar baba skuins voor middernag sy opwagting gemaak het.

Sy naam is Hayes Alba Warren en volgens sy ma, sy susters Honor (9) en Haven (6), is hul reeds “verslaaf aan hom”.

Loer na die kiekie hier:

Jessica het in Julie verlede jaar aangekondig dat hul ’n derde kind verwag.

BRON: Channel24