Connect with:
Monday / December 16.
HomeBoekeKolskoot vir Marnus Broodryk se boekvrystelling

Kolskoot vir Marnus Broodryk se boekvrystelling

Marnus Broodryk se boekvrystelling gisteraand was ’n reuse sukses. Die atmosfeer in Montecasino se Il Grande was elektries terwyl bekendes en aanhangers opgedaag het vir die entrepreneurs-boek van die jaar.

Mense het by die deur tougestaan en aanhangers het in hul massas ingestroom vir dié entrepreneur se glansgeleentheid.

Bekendes soos Leandie Du Randt Bosch, Ivan Botha, Donnalee Roberts, Gerrie Pretorius, André Lotter en Willem Botha was ook te sien op die swart tapyt.

Ná groot afwagting het Lee Scott op die verhoog verskyn en die gaste vermaak, gevolg deur gassprekers Erik Kruger, Shark Tank-entrepreneurs Romeo Kumalo en Gil Oved, en toe die man van die aand self – Marnus Broodryk.

Gaste het ook elk ’n kopie van Marnus se boek, 90 Rules for Entrepreneurs, gekry as deel van hul bespreking, wat dan later die aand ook deur Marnus geteken kon word.

Maak seker jy kry jóú kopie van 90 Rules for Entrepreneurs hier.