Connect with:
Friday / November 22.
HomeMusiekKom saam met Arno Jordaan op ’n Jagtrip met sy splinternuwe musiekvideo

Kom saam met Arno Jordaan op ’n Jagtrip met sy splinternuwe musiekvideo

Die immergewilde Arno Jordaan se splinternuwe musiekvideo, vir sy enkelsnit, Japgtrip, is pas vrygestel en gaan jou sommer dadelik in die bui plaas vir só jaguitstappie.

Arno het vertel dat hy van kleins af al jag en ook dié liefde by sy twee seuns Milan (5) en Luka (2) wil kweek.

Hy het vertel dat hy nié ’n trofeejagter is nié en dat jaguitstappies, as gesin, ook meer vir hom gaan oor die kwaliteittyd wat hy saam met sy twee seuns kan hê.

Die sanger Fatman sorg vir die komedie in dié musiekvideo.

Jagtrip is op Arno se nuwe album, Kom Ons Doen Dit, wat landwyd by alle Musica-winkels beskikbaar is. Jy kan dit ook digitaal aanskaf – klik hier