Connect with:
Tuesday / November 19.
HomeLeefstylKruger Swart is ons vuurwarm model

Kruger Swart is ons vuurwarm model

Vandeesweek kyk ons vir ’n slag na die manne en bied vir julle eye candy. Die baie, baie hot Kruger Swart is ons nuwe Instagram Model van die Week en ons hoef geen spesifieke rede te gee dat die keuse op hom geval het nie. Kyk maar net self…

Die 25-jarige Kruger – ’n boorling van Potchefstroom en wat tans in Johannesburg woon – het in 2014 tot die top 5 van die Mnr. SA-kompetisie gevorder en is ook die ambassadeur vir Myogenic Sports Nutrition. Hy is tans bemarkingsbestuurder by Life Healthcare – hulle kyk na die gesondheid, fiksheid en welstand van korporatiewe werknemers.

“My liefde vir die gesondheidsbedryf het gedurende die jaar van my deelname aan Mr. SA 2014 ontstaan en toe dit eers gebyt het was daar geen kans van terugkyk nie. Ek het ’n passie ontwikkel vir mense-gesondheid en die bevordering daarvan.

“Ek is ’n buitelewe-mens wat altyd op soek is na avontuur en uitdagings. My vrye tyd bestee ek in die Bosveld, waar my hart altyd sal lê.”

Sou jy jouself beskou as iemand wat gemaklik in sy eie vel is en wat is vir jou belangrik in die lewe? “So gemaklik soos wat kan kom,” vertel Kruger. “Ek vergelyk gemaklikheid altyd met geluk – as jy gelukkig is met wie jy is en dankbaar is vir wat jy het, sal jy gemaklik voel in jou eie vel.

“Die belangrikste vir my in die lewe is om ’n goeie verhouding met die Here te he. Tweedens om dankbaar te wees vir al die mense in my lewe – van familie tot vriende. Laastens om groot hoogtes te bereik in my loopbaan.”

Ek hoe op aarde hou hy daai lyf so? Kruger sê hy is ’n bietjie van ’n maniak as dit by sushi kom, maar sal ook nooit nee sê vir ’n lekker braai nie. “Ek is beslis baie gesondsheidsbewus en eet 99% van die tyd gesond, hoewel ek ná ’n harde oefensessie op ’n Vrydag myself sal beloon met die grootste pizza wat daar is!”

Wat wil jy in jou lewe bereik?

“Daar is ’n kantlynprojekte waarmee ek besig is wat uiteindelik sal uitloop om eendag my eie besigheid te bestuur. En dan – om nie te veel nou te sê nie – maar ek wil graag steeds ons land verteenwoordig op hoër vlakke, so daarmee saam lê die Mr. SA-titel weer op die horison vir my. Ek is ook ’n familieman en wil eendag ’n gerepekteerde man vir my toekomstige vrou en pa vir my kinders wees.”

Is jy ’n sentimentele mens en wat maak jou huil?

“Ek is nie trots op dit nie, maar dis seker my diepste geheim ooit… So okay… Toy Story 3 se einde raak my… maar let wel – dit was net een piktraantjie. Buzz & Woody was my hero’s! Ek is sentimenteel  op sekere vlakke en het spesiale herinneringe wat ek nou en dan sal herleef eerder as materialistiese dinge. Bygesê glo ek ook ek is die tipe mens wat altyd sal omgee oor my medemens.

“Twee goed waarvoor ek met alle mag sal opstaan is diere-mishandeling en natuurlik ook altyd my WP rugby!”

So… soos almal se oumas altyd sê, “só ’n bek moet jêm kry…”

Volg Kruger op Instagram by @krugerswart.

Ons wys elke Vry dag iemand op Instagram aan as Instagram Model van die Week. As jy op Instagram is en jy dink jy het alles en nóg waarna ons soek, of ken jy iemand wat jy dink ons Instagram Model van die Week kan wees, kontak ons asseblief by sterrenuus@lumico.co.za.