Connect with:
Wednesday / October 16.
HomeLeefstylLaaste kans vir ’n Namibië-toer teen ’n baie spesiale prys

Laaste kans vir ’n Namibië-toer teen ’n baie spesiale prys

Namakwa Toere se spesiale aanbod op twee van hulle toere na Namibië is ’n geleentheid wat jy nie wil misloop nie. Reis deur Namibië saam met Namakwa Toere teen ’n baie spesiale prys. As dit nog altyd ’n droom van jou was om na Namibië te toer, is dít nou jou kans!

Hierdie spesiale aanbod is slegs vir die Namibië toere wat van Windhoek vertrek. Die prys sluit in ’n retoervliegtuigkaartjie van Johannesburg, Kaapstad of Durban, die eerste aand se verblyf en ontbyt by Arebbusch Lodge in Windhoek, waarvandaan jy op die toer van ’n leeftyd sal vertrek.

Hierdie spesiale aanbod is beskikbaar vir slegs R26 000 per persoon. Hierdie prys is slegs geldig vir persone wat ’n kamer deel. Die toer sluit ook in 12 aande se luukse verblyf, geregistreerde toergidse, busvervoer en alle ontbyte en aandetes.

Namibië is ’n land wat bestaan uit ongerepte landskappe en ongeskonde natuurlewe, wat dit die perfekte land maak om te ontdek as jy ’n natuurliefhebber is. Die goed-ontwikkelde infrastruktuur, diverse omgewing, dierelewe en vriendelike inwoners sal jou besoek aan Namibië onvergeetlik maak.

Indien jy op soek is na ’n avontuur of net jouself wil verloor in die natuurskoon, kulturele diversiteit of asemrowende landskappe van Namibië, is hierdie toer saam met Namakwa Toere gemaak vir jou.

Beleef die skoonheid van die Namib-woestyn, besoek die spookdorp Kolmanskop en sien die rare Welwitschia-plant tydens die toer. Hulle besoek ook die Visrivier-canyon,

Sossusvlei en die Namib-Naukluft Nasionale Park, Duin 7, Walvisbaai, Etosha Nasionale Park, die besonderse kusdorp Swakopmund en vele meer.

Die datums en beskikbaarheid van toere is as volg:

  • Toerverblyf van 15 Mei tot 27 Mei: 2 dubbelkamers beskikbaar (2 persone per kamer)
  • Toerverblyf van 31 Mei tot 12 Junie: 3 dubbelkamers beskikbaar (2 persone per kamer)

Kontak Jenny Spies by +27 (0) 82 654 8877 of stuur ’n epos na info@namakwatoere.com om vandag nog ’n bespreking te maak.

Gaan kyk ook gerus na Namakwa Toere se webtuiste vir meer inligting by www.namakwatoere.com en besoek hulle ook op Facebook (@namakwatoere), Instagram (@namakwatoere) en Twitter (@namkwatoeresa).