Connect with:
Thursday / November 21.
HomeSakenuusLaat jou gunsteling-ster vir jou ’n persoonlike video stuur

Laat jou gunsteling-ster vir jou ’n persoonlike video stuur

Vir die eerste keer in Suid Afrika is dit nou moontlik om jou gunsteling bekende ster te kry om vir jou ’n persoonlike video-boodskap vir ’n spesiale geleentheid te stuur teen ’n bekostigbare fooi. Die splinternuwe platform myFanPark het reeds meer as 60 bekende Suid-Afrikaanse sterre wat gereed staan om te voldoen aan die versoeke van die Suid-Afrikaanse publiek.

myFanPark is gestig deur entrepeneurs en sakelui Wouter Lombard, en Dylan en Joy Des Fountain. “Die belangstelling in hierdie nuwe platform was uitstekend – nie net van die sterre wat deel hiervan wou wees nie – maar ook van hul aanhangers wat nie kon wag om hul spesiale versoeke aan te vra nie,” sê Lombard.

myFanPark gee almal die geleentheid om ’n spesiale boodskap van dank, voorspoed, gelukwense, motivering, inspirerende boodskappe en selfs ook ’n boodskap van vertroosting van een van jou gunsteling sportsterre, sangers of TV-sterre aan te vra deur MyFanPark se baie gebruikersvriendelike webtuiste te besoek en die versoekvorm in te vul.

Dink net hoe wonderlik dit sal wees as ’n top-rugbyspeler soos Jesse Kriel, Faf de Klerk of Bryan Habana vir jou seun (of die hele rugbyspan) ’n boodskap van motivering stuur voor sy eerste rugbywestryd? Of jy kan vir die eerste Batchelor South Africa, Lee Thompson, vra om jou beste vriendin geluk met haar verlowing toe te wens. Met myFanPark kan jy kan seker wees daar is ’n ster vir elke geleentheid!

Elke Ster op die myFanPark-platform besluit self wat die prys vir hul video gaan wees, maar wat dit waarlik besonders maak is dat elke video uniek en enig in sy soort is – die ster praat spesifiek met die persoon vir wie die boodskap aangevra word wat dan eienaar van die video word en vir jare daarmee kan spog.

Belangstellendes moenie langer wag nie. Gaan na die myFanPark-webtuiste en gaan kyk na die wye verskeidenheid – daar is sportsterre soos Jean de Villiers, Eben Etzebeth, Demarte Pena, Ryan Sandes en Bruce Fordyce, komediante soos Casper de Vries en Schalk Bezuidenhout, bekende sangers soos Ard Matthews, Francois van Coke, Emo Adams, Danny K en Lianie May asook TV-persoonlikhede soos Katlego Maboe, Kuli Roberts en Zoë Brown.

MyFanPark skenk ’n deel van elke fooi aan een van die volgende liefdadigheidsorganisasies – die Rooikruis Kinderhospitaal en Laureus Sport for Good.

Die aanvraag van video’s aan jou gunsteling-ster was nog nooit so maklik nie. Vul jou versoekvorm aanlyn op die myFanPark webtuiste www.myfanpark.com in nadat jy jou ster gekies het. Na die maak van jou video sal jy dit ontvang deur mate van epos of oor WhatsApp.

Vir meer inligting, besoek die webtuiste: www.myfanpark.com of besoek die Facebook-, Twitter- of Instagramblad: @myfanpark.