Connect with:
Sunday / August 25.
HomeSakeMarlize Roux bekroon by SFP-konferensie

Marlize Roux bekroon by SFP-konferensie

Marlize Roux, hoof van MMR Finansiële Dienste, is onlangs vereer met drie gesogte toekennings by Succession Financial Planning (SFP) se jaarlikse konferensie vir makelaars in Kaapstad. Die geleentheid word gehou vir alle SFP-makelaars regoor Suid-Afrika. SFP is tans die tweede grootste makelaarshuis in die land met R14.5 biljoen se bates onder hulle bestuur. MMR is deel van SFP Wealth.

Roux is aangewys as die streekskampioen in die Wes-Kaap. Sy het ook die prys ontvang as SFP Wealth se finansiële beplanner van die jaar. Sy is ook bekroon as die vierde beste konsultant in Suid-Afrika. Hierdie pryse is juis indrukwekkend omdat daar so baie makelaars is wat vir hulle meeding.

Roux is egter nederig oor hierdie pryse en het haar span by MMR bedank vir die manier waarop hulle haar onderskraag en die maatskappy suksesvol maak.

“Baie dankie aan die hele span by MMR. Elke personeellid het op ’n manier bygedra tot hierdie prestasies en ek kan nie genoeg beklemtoon hoe hard almal agter die skerms werk nie. Ons strewe daarna om die beste diens vir ons kliënte te verseker – hierdie prestasies is ’n teken dat ons op die regte spoor is,” meen Roux.

MMR is ’n goedgekeurde finansiële diensverskaffer (FSP 12017) op Vredendal. Die maatskappy bied ’n wye reeks finansiële dienste soos beleggingsopsies, versekering en hulp met die uitneem van huisverbande. Voornemende kliënte kan hul eerste konsultasie met die MMR-span gratis kry deur hulle te bel by 027 213 3043. Besoek ook hul webtuiste op www.makelaars.co.za.

Volg MMR op Facebook (@MMRFinDienste), Twitter (@DiensteMMR) en Instagram (@MMRFinDienste) om op datum te bly met die nuutste aanbiedings en dienste van hierdie makelaars.