Connect with:
Monday / October 21.
HomeLeefstylMCQP bied aan: Halloween + WEN ’n dubbelkaartjie

MCQP bied aan: Halloween + WEN ’n dubbelkaartjie

m

MCQP is die grootste kostuum-partytjie organiseerders in Afrika en beloof om nie teleur te stel met hul nuutste gebeurtenis nie – ’n onvergeetlike IT Halloween partytjie wat gaan plaasvind op Saterdag, 28 Oktober.

“Vir diegene wat gedink het hanswors-partytjies is net vir kinders… dink weer! Ons het die skrikwekkendste een van almal. Ja, jy het reg geraai, die hanswors wat almal nagmerries gee – Pennywise van die fliek, IT. Die herverfilming van dié populêre Stephen King fliek het rekords gebreek by die loket op die opening-naweek met meer as $117 miljoen in kaartjieverkope. Plaaslik was dit net so gewild. En nou kom Pennywise vir jou… en dis tyd om bang te raak saam met ons. So kom saam en geniet MCQP presents Halloween en ‘jy sal ook soontoe sweef’,” sê Ian McMahon, direkteur van MCQP.

Candice Heyns, uitvoerende projekbestuurder van MCQP, las by: “Mense met ’n fobie vir narre sal hul grootste vrees in die oë kyk, maar hoef nie te bekommer nie! Goed klop altyd die kwaad; ons kroegmanne is bekend vir hul gespierde lywe en is nooit skaam om uit te haal en te wys nie. Hulle sal seker maak hulle kyk baie mooi na jou deur die loop van die aand.”

Diegene wat MCQP presents Halloween gaan bywoon kan uitsien na ’n dubbelverdieping partytjie-area met ’n hele lys DJ’s soos Chad, Groovy Q, Sole Elos (van Duitsland), Candice Heyns, B_Type en Kanan7 vs El Gordo, wat ’n fees vir die ore gaan verskaf.

Die gebeurtenis, wat plaasvind by 30 Napier Straat in Kaapstad, maak om 20:00 die donker deure vir monsters en die onderwêreld oop en sal eers sluit wanneer Pennywise besluit het dat hy genoeg siele gevang het om sy dors te les.

Heyns waarsku wel: “Moenie vergeet om ’n indrukwekkende kostuum aan te trek nie. Anders gaan jy deur Pennywise homself by die deur uit ‘ge-wise’ word. Glo my, dis nie iets wat jy graag wil beleef nie.”

McMahon sluit af: “Spoke, kabouters, monsters, hansworse en vele meer sal opgeroep word na ons speelgrond toe wat kamers en vloere het wat net die braafste van die braaf sal verken. Asemrowende dekor, indrukwekkende kostuums, DJ’s, kroeë en gratis besem-vlieg lesse is net ’n klein voorsmakie van wat alles voorlê! Wat gaan jy doen wanneer IT vir jou kom? Hy mag dalk net ’n ballon met jou naam daarop hê…”

Kaartjies kos R150 per persoon vir MCQP presents Halloween en is beskikbaar by www.quicket.co.za

WEN ’n dubbel kaartjie na die geleentheid:

Jy kan ook een van twee dubbel kaartjies WEN! Stuur vir ons jou skrikwekkendste gesig op die Sterre Facebook-blad of gebruik #sterre wanneer jy die foto op Facebook laai. Wenners word 26 Oktober gekies!

Vir meer inligting neem deel aan die gesprekke op Facebook (MCQP Presents: Halloween) en op Twitter (@MCQP).