Connect with:
Saturday / August 24.
HomeArtikelsMiss Drag SA 2019-finalis, Demi René, se reis na vryheid

Miss Drag SA 2019-finalis, Demi René, se reis na vryheid

Demi René van der Merwe is ’n Suid-Afrikaanse transgender-vrou en LGBTQ+ aktivis. Sy is ’n finalis van Miss Drag SA 2019 en gaan ook haar cameo in reekse soos 7de Laan en selfs op Netflix maak!

Sy het met die Sterrespan gesels oor wat die toekoms vir haar inhou.

 

Vertel my van jou reis na transgender?

“Op 16 het ek besef iets is anders. Ek het agter gekom dat my aantrekking tot meisie nie dieselfde was as dié van my vriende nie. Stuk vir stuk het ek myself beter leer ken en op 20 die moed gehad om as gay uit te kom. Volgens die sosiale norme was ek ’n ou wat van ouens gehou het so ek moes mos gay wees. Soos ek met tyd verander en wyser geword het, het ek besef daar’s ’n verskil tussen jou seksuele oriëntasie en jou geslagsidentifikasie. Ek’t op 21 na ’n baie bitter verhouding my waarde gevind en die nodige krag bymekaar geskraap om my geslagsidenteit aan te spreek.

“Ek het stelselmatig vir almal om my begin verduidelik wat aangaan. En stukkie vir stukkie my fisiese verandering ondergaan – teen ’n tempo wat vir my en die mense om my gemaklik was. Toe ek my nuwe naam gekies het was alles net finaal en ek het nog nooit terug gekyk nie.” 

 

Het jy enige raad vir mense wat ook transgender is?

“Om jouself te ken en jou diepste vrese, begeertes, geheime en emosies te verstaan is ’n  voorreg wat ek vir almal gun. Alles in my lewe het begin sin maak toe ek my vrede maak met wie ek is en waarna ek op pad is. So, ek moedig almal aan om eerlik te wees met jouself. Dis verbasend watter mooi kan uit die negatiewe kom. So vat daardie kans, speak your truth and live your life. En wees bereid om mense te verloor, maar soveel van jouself te wen.” 

 

By watter projekte is jy alles betrokke? 

“Ek is bevoorreg om dié jaar een van die top 10 finaliste te wees van Miss Drag SA 2019. Die gala-aand is op 4 Oktober by die Suid Afrikaanse Staatsteater in Pretoria!)

“As deel van die kompetisie moet ek ’n Drag with a Purpose-projek loots. So vir my projek, Provoking a National Conversation, wil ek graag die transgender-onderwerp op die tafel sit. Ek glo dat werklike verandering kan slegs gebeur deur perspektief, so ek wil soveel as moontlik van die ander trans-gemeenskap se stories deel om hul realiteite vas te vang. 

“Ek maak ook cameo’s in die verskeie TV-produksies. Plaaslik is dit 7de Laan, Isidingo en 13 Hours (Mzanzi Magic). Internasionaal is dit The Professionals (Netflix) en First date (BBC), en dan ook in die Afrikaanse film, Vergeet My Nie.

“Daar is ook ’n hele paar liefdadigheidsprojekte waarby ek betrokke is. Meer inligting daaroor is beskikbaar op my Facebook-blad.”

 

Vertel ons van die “sexual reassignment” waarmee jy hulp benodig?

“Ek is bevoorreg om een van die top 5 finaliste van die Sandton Surgeon-kompetisie op Jacaranda FM te wees. Die kompetisie sal een persoon se droom-operasie ’n werklikheid maak. Só ’n kans sal nie sommer weer oor my pad kom nie aangesien die operasie se kostes amper R500 000 beloop.  

“Om my te ondersteun, SMS Demi René na 37942.”

 

Hoe kan mense ’n skenking maak?

“In samewerking met Olympus Medical, dr. Lindi van Niekerk en Back a Buddy is daar ’n fonds gestig om te help met van die groot veranderinge wat ook nog moet gebeur, soos byvoorbeeld die versagting (facial feminization) van my gesig, borste en my hormoonvervanging-behandeling. Alles wat teen ’n stewige koste kom. Alle ondersteuning sal opreg waardeer word. Skenkings kan gemaak word by Back a Buddy.” 

Link: https://www.backabuddy.co.za/champion/project/demi-ren

 

Wat is jou sosiale media handles, of hoe kan mense in kontak kom met jou?

https://www.facebook.com/Demi.Rene.vdM/

 

Wat hou die toekoms vir jou in?

“Tans is ek besig om al my seëninge te tel en net dankbaar te wees vir elke geleentheid wat oor my pad kom. Ek glo dat ek geseën sal word om my storie op ’n groter platform te vertel en op daardie manier bewusmaking te versprei. Ek beplan om te bou aan die LGBTQ+ gemeenskap om die pad te teer wat soveel ander aktiviste voor my gegrou het. 

“Ek werk tans aan my eerste motiveringstuk wat ek graag by skole en vroue-geleenthede sal wil deel, of net enige geleentheid waar daar ore is wat sal luister. 

“Ek wil die realiteite van my oorgang ook op ’n dokumentêr vasvang en só ’n Suid-Afrikaanse trans-storie vertel, maar elke ding op sy beurt.” 

 

Facebook – Demi.Rene.vdM

Instagram – demi_rene_vdm