Connect with:
Tuesday / November 19.
HomeLeefstylNadine draf vir die Bokke uit

Nadine draf vir die Bokke uit

Nadine Roos het verlede jaar opslae gemaak toe sy die Universiteit van Pretoria (Tuks) se sewesrugbyspan in Frankryk verteenwoordig het, waar sy vir hulle skrumskakel, senter en vleuel gespeel het.

“Dit gaan aanvanklik moeilik wees, maar as jy daarop fokus en toegewyd bly sal jy die vrugte daarvan pluk,” het sy gesê.

Nadine het haar gr. 12-jaar in 2014 by PHS (Pietersburg Hoërskool) voltooi en by dié skool ook aan sport deelgeneem.

Sy het vir PHS se eerstespanne netbal en krieket gespeel.

Dié jaar kon sy die vrugte van haar harde werk en toewyding pluk toe sy die geleentheid gekry het om vir die eerste keer vir drie wedstryde vir die Springbok Vroue-sewesrugbyspan uit te draf in ’n vriendskaplike toernooi teen Brasillië op Stellenbosch verlede Saterdag.

“Ons het net een uit die drie wedstryde gewen, maar vir ons afrigter het dit nie net gegaan oor wen of verloor nie, maar oor hoe ons presteer het op die veld en hoe ons as ’n span saamgewerk het.

“Ek het ook ’n kompliment by die afrigters ontvang vir my spel wat my baie trots laat voel het en my verseker het dat ek op die regte pad is met my oefening en toewyding,” sê Nadine met ’n trotse glimlag.

Nadine is ook gevra om vir vyf weke op Stellenbosch te gaan oefen vir ’n groot rugbytoernooi wat Maart in Las Vegas, Amerika plaasvind.

Omdat sy vir so ’n lang tydperk op Stellenbosch gaan moet wees vir die voorbereiding voel sy bekommerd dat dit haar studies by Tuks negatief gaan beïnvloed.

“Ek weet nog nie of ek voluit vir die Springbokke kan speel nie, want my studies bly steeds vir ’n prioriteit.

“Daarby moet ek ook uitvind of ek goedkeuring by die Universiteit van Stellenbosch kan kry voordat ek vir die span kan speel,” sê sy.

Nadine neem ook graag aan landloop en Crossfit deel om fiks te bly