Connect with:
Sunday / August 25.
HomeInnoveerderNeem selfies met Afriselfie en koop verskeie produkte

Neem selfies met Afriselfie en koop verskeie produkte

Is jy lief daarvoor om selfies neem? Dan is die AfriSelfie-app nét vir jou! AfriSelfie is ’n Suid-Afrikaanse selfie-app wat jou boonop JETS-punte toeken waarmee jy verskeie produkte kan aankoop.

Dit is maklik. Nadat dié app op jou foon gelaai is, kan jy begin foto’s neem en op dié sosiale media platform laai. Met die raampies en plakkers waaruit jy kan kies om op jou foto te plaas, kan jy dadelik JETS verdien.

Daar is ook Afrikaanse raampies en plakker vir diegene wat trots Afrikaans is en dit ook só op sosiale media wil wys.

Die foto’s kan ook na jou ander sosiale media platforms soos Facebook, Twitter en Instagram gedeel word.

Met die JETS wat jy verdien kan jy jouself bederf met ’n rits lekkernye, soet of sout, by een van die top uitgesoekte winkels en jy kan selfs genoeg spaar om by restaurantgroepe soos Spur te gaan eet.

Laai vandag die AfriSelfie-app op die Google Play Store af. Volg dié skakel:

http://bit.ly/AfriSelfie.